Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

#Action4Inclusion Roete vir Maatskaplike Geregtigheid – 16 Junie 2022

Die Universiteit Stellenbosch is besig om pogings om ʼn einde aan studieskuld te maak, te verskerp. Die Regstrust se leerstoel vir Maatskaplike Geregtigheid, die Studenteraad (SR) en die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge (OAB), in vennootskap met Besoek Stellenbosch, nooi jou hartlik uit na die staptog op die #Action4Inclusion Roete vir Maatskaplike Geregtigheid wat op 16 Junie 2022 plaasvind.

Die staptog is deel van die deurlopende fondswerwingspogings om studieskuld uit te wis en die potensiaal van studente te ontsluit, sodat hulle betekenisvol tot die ontwikkeling van ons land kan bydra. #Action4Inclusion is een van die talle inisiatiewe onder die vaandel van die jaarfonds van die Universiteit Stellenbosch, Oorbrug die Gaping, wat die gemeenskap, personeel, alumni, ouers en vriende in staat stel om ons studente te ondersteun en die gaping tussen talent en finansiële behoefte te oorbring – iets waaroor ons almal omgee.

Hoewel dit ʼn fondswerwinggeleentheid vir die #Action4Inclusion-veldtog is, is dit ook ʼn geleentheid om maatskaplike geregtigheid teen die agtergrond van ons land se gekwelde verlede aan te gryp. Die geleentheid wil ook vorige ongeregtighede erken en is daarop gemik om hernude hoop, inspirasie en medewerking tussen diverse belanghebbers te bevorder.

Die #Action4Inclusion Roete vir Maatskaplike Geregtigheid sal deur kollegas, alumni, vriende en groot nyweraars bygewoon word, en ons glo dat dit ʼn unieke geleentheid bied om belangstelling in die Dwarsriviervallei, ʼn onontwikkelde gebied met ryk lewende geskiedenis, kulturele bekoring en asemrowende natuurskoon in die Stellenbosch-omgewing, aan te wakker. Die roete van 16 km bestaan tans as ʼn toeriste-aantreklikheid met die naam Reis van Hoop en Genesing, en is daarop gemik om ʼn omgewing te skep waarin al die gemeenskappe van Stellenbosch die ontsaglike voordele van ons toerismepotensiaal kan geniet. Die roete neem ʼn mens van Stellenbosch af, oor die ou Helshoogtepas tot by Pniël, en die dag sal afgesluit word deur ʼn bemoedigende hoofrede deur professor Madonsela.

ʼn Gedeelte van die opbrengs sal vir verversings tydens die staptog aangewend word, hoewel die grootste gedeelte van die opbrengs aan #Action4Inclusion geskenk sal word.

RSVP asseblief deur jou kaartjie hier te koop: https://plankton.mobi/Events/EventBooking/e129f884-10d8-ec11-80e0-0cc47a93d288

 

Skakelpersone:

S’thabile Duma: 065 279 5506

Thembalethu Seyisi: 072 785 3218

 

More articles

Baan die Weg na ‘n Blinker Toekoms

Hoë aantal traumagevalle plaas stremming op gesondheidsorgdienste

US-verwelkomings-tydperk begin vandeesweek

  • Homecoming
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!