Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Sluit by prof Thuli en vriende aan vir ʼn Sosiale Geregtigheid-staptog om fondse vir studentegeld in te samel

Die lot van studente wat sukkel om hul universiteitsgeld te betaal, is een van die dringendste uitdagings vir tersiêre onderwys in Suid-Afrika in 2024. Om hierdie kwessie aan te pak verskerp die Universiteit Stellenbosch (US) pogings om ʼn einde aan studente se skuld te maak.

Die eerste fondsinsamelingsaktiwiteit van die jaar sal op 3 Februarie 2024 deur die Sentrum vir Sosiale Geregtigheid (CSJ) deur hul #Action4Inclusion Social Justice Walk aangebied word. Oor die afgelope vyf jaar het dié staptog ʼn belangrike brugbou-inisiatief geword wat diverse belanghebbendes byeenbring. Prof Thuli Madonsela, Direkteur van die CSJ, sal saam met lede van die US se Studenteraad ʼn vroegoggendstap van 12 km in die pragtige Banhoek-bewarea in Kylemore naby Stellenbosch onderneem.

‘Vermiste middel’-studente

Alle opbrengste van die staptog sal gebruik word om akademiese insluiting en die afbetaling van historiese skuld van verdienstelike studente te verseker.

#Action4Inclusion is belyn met die US se Visekanselier se #BridgeTheGap-inisiatief, wat ten doel het om die gaping rakende tersiêre akademiese finansiële ondersteuning te oorbrug, veral om die sogenaamde “vermiste middel”-studente te teiken met die doel om te verseker dat geen verdienstelike student agtergelaat word nie.

Een van die studente wat onlangs regstreeks by #Action4Inclusion se ondersteuning gebaat het, is Zwelethu Mtumtum, wat ʼn gevorderde diploma in openbare verantwoordbaarheid aan die US voltooi het. “Ek het in 2021 gesinsuitdagings ervaar en het akademies gesukkel, maar #Action4Inclusion het ʼn reddingsboei geword,” verduidelik Mtumtum. “Die finansiële bystand het my registrasie vir die 2022- akademiese jaar vergemaklik, wat my in staat gestel het om te gradueer en #Action4Inclusion het my uitstaande skuld in 2023 gedelg, wat my in staat gestel het om my kwalifikasie te verwerf.” Mtumtum is dankbaar vir die ondersteuning en het nou ʼn BA Honneurs in openbare administrasie aan die US in die visier.

Die Sosiale Geregtigheid-staptog op 3 Februarie sal ook dien as aktivering van Madonsela se Pelgrimstog van Hoop-staptog van Franschhoek na Kaap Agulhas, ʼn afstand van 300 km. Die Pelgrimstog van Hoop simboliseer die moeilike pad wat sommige studente in hul strewe na onderrig stap. Madonsela het die eerste twee fases van die roete van Stellenbosch na Franschhoek in Augustus 2023 voltooi.

Gelyke speelveld

Madonsela sê die komende Sosiale Geregtigheid-staptog is ʼn geleentheid om vir die Pelgrimstog van Hoop te oefen, terwyl deelnemers ook idees oor die uitdagings van studenteskuld sal kan uitruil voor die akademiese jaar begin. “Studente moet stabiele lewens hê om op ʼn gelyke speelveld met hul eweknieë mee te ding. Die ondersteuning van deelnemers beteken die wêreld vir die studente wat geraak word en vir die klein span wat die projek gedryf het. Met julle ondersteuning en innoverende idees glo ons 2024 sal ʼn deurbraakjaar wees,” sê Madonsela.

Die US se Maties Connect, ʼn fondsinsamelingsinisiatief onder leiding van studente, ondersteun ook die Sosiale Geregtigheid-staptog. Die grootste geleentheid wat deur Maties Connect gereël word, Vensters, is ʼn jaarlikse opelugteaterskouspel vir nuwelinge aan die US. Vensters 2024 sal ʼn gesinsvriendelike skouspel wees wat op 14 Februarie by die Coetzenburg-stadion aangebied sal word. Die tema is “A Whole New World”.

Onthou die Datum

Alle deelnemers aan die Sosiale Geregtigheid-staptog moet om 07:00 op 3 Februarie by Bethlehem-plaas in Rooistraat 1, Kylemore ontmoet. Die begeleide staptog sal om 07:30 begin en behoort teen 11:00 voltooi te wees. Stappers kan uitsien na ʼn matige tot moeilike stap in ʼn wonderlike omgewing. Dra ʼn hoed en pak jou eie water en eetgoed in. Meer besonderhede en logistieke reëlings sal gekommunikeer word aan deelnemers wat kaartjies gekoop het.

  • Kaartjies kos R500 per persoon en kan aanlyn by Quicket gekoop word: https://qkt.io/Thuli3Feb
  • Vir registrasie en verdere inligting, kontak asseblief vir Thembalethu Seyisi by tseyisi@sun.ac.za of +27 72 785 3218.

More articles

In die globale arena

In memoriam Dr Rehana Malgas-Enus

Wêreldwye filantroop nooi US Koor en Rektor na Japan

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!