Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Studente en leerders van Stellenbosch en omgewing skitter in SA Chinese Bridge-wedstryd 2023

Studente van die Universiteit Stellenbosch (US) en leerders van die Kaapse Wynlanddistrik het die afgelope paar maande uitgeblink in die Suid-Afrikaanse ronde van die jaarlikse Chinese Bridge-wedstryd, waarvoor die Confucius-instituut by die US (CISU) as organiseerder optree. Hierdie Chinese redevoerings- en uitvoerendekunswedstryd bestaan uit toegewyde afdelings vir universiteitstudente, hoërskool- en laerskoolleerders. Dit dien as ‘n platform vir buitelanders om hulle vaardigheid in die Chinese taal en begrip van die Chinese kultuur ten toon te stel.

Die 22ste aflewering van die wedstryd vir universiteitstudente is teen die einde van Mei in Durban aangebied. Die geleentheid was die eerste sedert die pandemie wat weer in kontakvorm aangebied is, en 14 studente van ses Confucius-institute deur die hele Suid-Afrika het onder die tema “Een wêreld, een familie” deelgeneem. Die US-studente Samantha Cox en Greta Frieslaar het Maties se naam hoog gehou deur die tweede plek te verower. Hierdie prestasie het hulle ook die geleentheid besorg om aan vanjaar se Chinese Bridge-somerkamp in China deel te neem.

Samantha se toespraak, “Tuis”, het gehandel oor haar persoonlike reis om gedurende die pandemie Chinees aan te leer. Haar uitvoering was ‘n kombinasie van ‘n Chinese dans en voordrag van ‘n gedig uit die Song-dinastie. In die praatjie “Ontmoet Chinees, ontmoet die wêreld” het Greta op haar beurt gesels oor hoe waardevol dit is om Chinees aan te leer. Sy het dít aangevul met ‘n dans wat diepgewortel is in die Chinese kultuur.

Teen die middel van Junie was dit hoërskoolleerders van Suid-Afrika se beurt om by die 16de aflewering van hulle nasionale wedstryd met hulle Chinees-vaardighede te spog. Elf deelnemers van vyf Confucius-institute en hoërskole landwyd het vir die geleentheid in Kaapstad byeengekom. Isabelle Goussard van Hoërskool Stellenbosch en Dané Taylor van Hoërskool Kylemore het die Kaapse Wynlandstreek trots gemaak deur as algehele wenners aangewys te word. Vir haar item het Isabelle ‘n toespraak oor Chinese skilderkuns gelewer en die kuaiban, ‘n tradisionele Chinese slaginstrument, bespeel. Dané het die gehoor van haar kleintydfassinasie met Chinese Kung Fu-rolprente vertel, klassieke tonele uit die bekende Chinese boek Dream of Red Chamber opgevoer, en ‘n Chinese operalied gesing.

Die afdeling vir laerskoolleerders, wat meer onlangs bekend gestel is, het op dieselfde dag as die hoërskoolwedstryd plaasgevind, en 17 deelnemers van oor die hele land het deelgeneem. Die wenners van hierdie derde aflewering van die wedstryd was Caryn Cornelius en Kiron Roberts, albei van die CISU Confucius-klaskamer by die Primêre Skool Rietenbosch in Cloetesville.

Deur die Chinese Bridge-wedstryd en ander inisiatiewe gaan CISU voort om die Chinese taal en kultuur onder Stellenbosse studente en leerders te bevorder en sodoende ‘n dieper belangstelling in Chinees-taalstudie aan te wakker en kulturele uitruiling en vriendskapsbande tussen Suid-Afrika en China te versterk.​

More articles

Universiteite gaan oor méér as net onderrig en leer

Covid-19 vergroot risiko vir komplikasies en sterfte vir swanger vrou in Afrika suid van die Sahara

Spyse vir die siel aan tafel in Jamestown

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!