Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

US verbeter sy posisie op QS-vakranglys

Die Universiteit Stellenbosch (US) kan hom as een van die voorste hoëronderwysinrigtings in die wêreld beskou in die breë vakgebiede Lewenswetenskappe en Geneeskunde; Lettere en Geesteswetenskappe, Sosiale Wetenskappe en Bestuur; Ingenieurswese en Tegnologie; en Natuurwetenskappe. Dít is volgens die 2023 Quacquarelli Symonds- (QS-) wêreldranglys vir Universiteite volgens Vakgebied wat Woensdag (22 Maart 2023) vrygestel is.

Altesame 1 597 instellings is vir die 2023-ranglys in 54 vakke in bogenoemde breë vakgebiede beoordeel. Meer as 16,4 unieke artikels wat tussen 2016 en 2020 verskyn het en wat nagenoeg 117,8 miljoen sitasies van 2016–2021 opgelewer het, is ontleed.

Die US het sy plek in vier van hierdie vakgebiede verbeter. Dit het ‘n top-250-plek in Lewenswetenskappe en Geneeskunde behaal, en verskyn nou in die top 350 in Lettere en Geesteswetenskappe, in die top 450 in Ingenieurswese en Tegnologie, in die top 400 in Sosiale Wetenskappe en Bestuur, en in die top 500 in Natuurwetenskappe.

Voorloper in SA

Wat spesifieke vakkategorieë betref, het die US sy wêreldwye plek in Omgewingswetenskappe en Geneeskunde verbeter deur na die top 250 op te skuif. Dit is die voorste universiteit in Suid-Afrika in Landbou en Bosbou (74ste in die wêreld) en Teologie, Godgeleerdheid en Godsdienste Studies, en in Ontwikkelingstudies (albei in die top 100), Chemiese Ingenieurswese (top 300) en Meganiese, Lugvaartkundige en Vervaardigingsingenieurswese (top 350). Die US vir die tweede jaar in ‘n ry eerste in Suid-Afrika in Landbou en Bosbou en Teologie, Godsgeleerdheid en Godsdienstige Studies, en tweede in Opvoedkunde (top 350), Aptekerswese en Farmakologie (top 300), Besigheid en Bestuurstudies (top 500), Sielkunde (top 330), Biologiese Wetenskappe (top 350) en Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese (top 450). ​Die US beklee ook die tweede plek in Engelse Taal en Literatuur (top 250) nadat dit verlede jaar derde was. ​Dit verskyn ook in die top 330 in Rekeningkunde en Finansies.

“In ooreenstemming met ons visie om Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit te wees, wil ons ook onsself in hoër onderwys wêreldwyd onderskei, so ons is baie bly dat ons reputasie in Landbou en Bosbou en Teologie, Godsgeleerdheid en Godsdienstige Studies nommer een op die ranglys is. As die enigste universiteit in Suid-Afrika wat wingerdbou en wynkunde aanbied danksy ons unieke wynstreek, is ons veral trots daarop dat hierdie eer Landbou te beurt geval het,” sê prof Hester Klopper, Viserektor: Strategie, Globale en Korporatiewe Sake.

Aanwysers

Die QS gebruik vyf aanwysers vir hul ranglys, naamlik akademiese reputasie op grond van persepsies; werknemer-reputasie; navorsingsitasies per artikel; H-indeks; en die bygevoegde Internasionale Navorsingsnetwerk (IRN). Die eerste twee is gegrond op wêreldwye opnames onder akademici en werkgewers wat gebruik word om ‘n instelling se internasionale reputasie in elke vak te bepaal. Navorsingsitasies per artikel meet die gemiddelde aantal sitasies wat per publikasie behaal is en is ‘n skatting van die impak en gehalte van die wetenskaplike werk wat deur universiteite gedoen word. Die H-indeks bepaal die stabiliteit van die impak en gehalte van die werk wat deur ‘n instelling se akademici gepubliseer word. Die IRN is ‘n maatstaf van ‘n universiteit se doeltreffendheid om stabiele navorsingsmedewerkings in elk van die vyf breë vakgebiede te vestig.

Die US het die afgelope paar jaar konsekwent onder die beste tersiêre inrigtings wêreldwyd op die volgende ranglyste verskyn: QS-wêreldranglys volgens vakgebied, Times Higher Eduction se wêreldranglys vir vakke en die ShanghaiRankings-wêreldranglys vir akademiese vakke. Hierdie ranglyste gebruik verskillende metodologieë en aanwysers om universiteite se plek op hulle ranglys te bepaal.

More articles

US stel Afrika-gesentreerde infeksiesiektes-program bekend in samewerking met MSF

Buitengewone Vergadering: Besware

GSSA vereer US-studente vir 2021 se beste MSc-tesis en honneurstesis in aardwetenskappe

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!