Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie

Menu

  • Afrikaans

Dankie vir jou donasie aan Huis ten Bosch

Kort nadat die brand omstreeks 19:00 op 12 Augustus 2019 in Huis ten Bosch uitgebreek het en al die 164 inwoners na veiligheid gebring is, het prof Wim de Villiers, rektor en visekanselier, die studente toegespreek om te bevestig dat hulle ondersteun sal word en dat daar goed na hulle “gekyk sal word”.

Op dieselfde aand het hy ook sy dank uitgespreek vir die hulp en samewerking wat baie mense in en om Stellenbosch aangebied het. Min het hy geweet dat meer hulp oppad was van die breë Huis ten Bosch en die US-gemeenskap.

Baie dankie vir u positiewe reaksie toe ‘n fonds gestig is om studente te help wat hul besittings in die brand, maar ook weens rook- en waterskade verloor het.

Hier is ‘n paar feite:

  • Die dak bokant agt kamers op die derde verdieping van Huis ten Bosch is vernietig.
  • Danksy die gereelde brandoefeninge in die US-koshuise, het die Huis ten Bosch-inwoners vinnig reageer toe die alarm afgegaan het. Een student is vir brandwonde aan haar hande behandel, en ‘n ander een vir rookinaseming. Ons is dankbaar dat daar geen ander beserings was nie.
  • Toe dit veilig was, kon inwoners in die ander afdelings wat nie direk geraak is nie, begelei word om hul persoonlike besittings te gaan haal.
  • ‘n Assessor het die skade op 13 Augustus bepaal en daar is besluit dat al die inwoners in 2019 in alternatiewe akkommodasie in ander koshuise gehuisves sou word.
  • Die Afdeling Ontwikkeling- en Alumni-betrekkingeverhoudinge het ʼn skenkingsprofiel op GivenGain-geskep waar bydraes geskenk kon word om studente met persoonlike verliese te help.
  • Tot dusver het ons donasies ter waarde van R81 525 ontvang. Baie dankie!
  • ‘n Komitee wat hierdie fonds bestuur, het gelyke bedrae aan elk van die studente wat geraak is, toegeken sodat hulle dit wat hulle verloor het, kon vervang.
  • Die res van die bedrag sal gebruik word vir items in die gemeenskaplike areas wanneer die studente in 2021 terugtrek Huis ten Bosch toe.
  • Marsh, ‘n versekeringsmakelaar en risikobestuursfirma, het splinternuwe skootrekenaars aan die 15 inwoners wat hul s’n verloor het, geskenk. Baie dankie ook aan hulle!

Wat het intussen met die herbouproses gebeur?

  • Herbouing het in September 2019 begin. Daar word voorsien dat die projek in 2021 voltooi sal wees.
  • Die koste vir hierdie konstruksie beloop minstens R62,5 miljoen.
  • Die afgebrande gedeelte van Huis ten Bosch is tans (Maart 2020) 95% voltooi.
  • Die konstruksiewerk is daarop gemik om te verseker dat die koshuis aan munisipale veiligheidsregulasies voldoen.
  • Die installering van nuwe branddeure en -rame is aan die gang.
  • ‘n Groot verandering is die toevoeging van kombuisies op elke vloer. Hierdie gebiede sal ‘n veilige plek vir studente bied om hul eie kos op te warm.
  • Voor die brand was daar slegs een 3puntkragprop per kamer. Elke kamer sal nou ook ‘n toegewyde muurprop vir ʼn koelkas en twee aansluitings vir toekomstige muurverwarmers hê. Voorts sal elke student toegang hê tot een datapunt, twee 3-puntkragpunte en twee twee-punt kragpunte.
  • Die koshuis sal ook ‘n volledige nuwe IT-installasie ondergaan.
  • Die helfte van die slaapkamers op die tweede verdieping het houtvloere bo-op ʼn bestaande betonblad gehad. Dit moet vervang word.
  • Die bestaande hout eetkamervloer is ook oud en sal vervang word.
  • Huis ten Bosch sal in 2021 ‘n moderne koshuis wees!

Wat die studente betref:

  • Huis ten Bosch het vanjaar 18 nuwelinge verwelkom.
  • ‘n Groep van 72 Huistenbossers woon tans in die nuwe vleuel van Huis Marais — bekend as Huis ten Bosch 2020 — terwyl ‘n aantal senior inwoners in alternatiewe behuising op die kampus en in die dorp gehuisves word. (Huis Marais het nie nuwelinge in 2020 ingeneem nie.)
  • Volgens die koshuishoof en die HK-lede is die HtB-groepgees onveranderd. Die nuwe inname het die verwelkomingsprogram baie geniet.
  • Ander HUIS-sake gaan voort soos altyd.

Weereens baie dankie vir u bydrae. Dit is in tye soos hierdie wat ons weet dat die Matie-gees lewend en versorgend is.

Laat weet ons as u belangstel om enige van die ander wonderlike inisiatiewe op die kampus te ondersteun.

Eenmaal ‘n Matie, altyd ‘n Matie!

More articles

Boeke: The Enemy Within

Leerders ‘n voorsmakie gebied van wyn as loopbaan

Menswaardigheid aan die hart van geneeskunde: dr Imtiaz Sooliman

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!