Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Twee US-studente en voorste globale jeugleiers pak wêrelduitdagings aan

Twee studente van die Universiteit Stellenbosch (US) neem binnekort deel aan Camp 2030, ‘n inisiatief van Unite 2030 – ‘n globale jeuggemeenskap en niewinsgewende beweging wat die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (VDO’e) bevorder.

Me Stefani Terblanche, ‘n BA Internasionale Studie-student, en mnr Stanley Chindikani Msiska, ‘n PhD-student in die Ingenieurswese gaan van 12 tot 18 September saam met 250 ander voorste jeugleiers by die Adirondack Nasionale Park in New York aansluit om oplossings vir van die dringendste globale uitdagings te soek.

Terblanche en Msiska se kritiese denkvermoë en probleemoplossingsvaardighede sal beproef word wanneer deelnemers aan Camp 2030 in groepe verdeel word om werkbare oplossings vir die wêreldwye uitdagings van armoede, ongelykheid, ongeregtigheid en klimaatsverandering. Die groepe sal met innoverende aksieplanne vorendag moet kom om maatskaplike probleme in hul onderskeie gemeenskappe aan te spreek. Hulle sal ook verantwoordelik wees om die kennis wat hulle by Camp 2030 opgedoen het, in hul onderskeie gemeenskappe aan te wend wanneer hulle weer tuis is sodat hulle hul eie, plaaslike probleme kan aanspreek.

Sedert die ontstaan van Unite 2030 in 2016, het die organisasie sowat 16 000 topjeugleiers tussen 18 en 35 jaar van meer as 50 lande regoor die wêreld bymekaar gebring. Unite 2030 het die afgelope ses jaar meer as 1 000 samewerkende projekte tussen jong afgevaardigdes gevestig om sekere VOD’e aan te spreek.

Vanjaar se Camp 2030 skakel in by die VN se Globale Doelwitteweek (18 tot 26 September) waartydens aksie, bewustheid en verantwoordbaarheid vir die VOD’e en vennootskappe tussen die burgerlike samelewing, die sakesektor, die akademie en die VN bevorder word om aksie oor die VOD’e aan te moedig.

Ambassadeurs vir verandering

Terblanche en Msiska, wat redelik oorbluf is deur hierdie geleentheid, is vasbeslote om met werkbare aksieplanne vir verandering terug te keer ten einde sommige van die uitdagings in hul gemeenskappe aan te pak.

Terblanche, ‘n derdejaarstudent en inwoner van Metanoia, sien baie uit na die opleiding in projekbeplanning wat ook deel uitmaak van die Kamp se opleidingsrooster. “Dit sal my help om projekte suksesvol in werking te stel,” sê die jong leier wat na maniere soek om geslagsgelykheid op kampusse en by skole aan te vul.

“Ek werk sedert Junie saam met ‘n niewinsgewende organisasie wat geslagsgelykheidsprogramme na skole wil bring. Die vaardighede wat ek by die kamp gaan leer, sal my help om geslagsgelykheid te bevorder,” sê Terblanche. Sy hoop om haar nuwe kennis met huiskomitees en ander leierskapportefeuljes op kampusse te deel.

Msiska voel geëerd en bevoorreg om die Universiteit by die wêreldgeleentheid in New York te verteenwoordig. Hy sien uit daarna om innoverende oplossings vir die VOD’e met sy eweknieë te bespreek. “Ek kan nie wag om in aanraking te kom met die briljante mense by Kamp 2030 nie en om nuwe perspektiewe, innovasie-aksieoproepe en beter maniere aan te leer om met mense ‘n band te bou en mense van alle ouderdomme en stand te beïnvloed om die uitdagings van die samelewing te hanteer,” sê Msiska.

Hy sien Camp 2030 as ‘n wonderlike platform om met mede-veranderingsagente en moontlike befondsers in aanraking te kom om sy innoverende watersuiwerings- en ontsmettingsapparaat te bou wat water veilig vir drink en ander gebruike maak. Volgens hom stem hierdie innovasie ooreen met die VN se sesde ontwikkelingsdoelwit om die beskikbaarheid en volhoubare bestuur van water en sanitasie vir alle mense teen 2030 te verseker.

“Ek beplan om ná my terugkeer van New York af belanghebbendes aktief by die implementering van die oplossings vir die VOD’e te betrek en om sommige medestudente en die gemeenskap se onwilligheid om deel te neem aan innoverende aktiwiteite – veral daardie innovasies wat die VN se VOD’e aanspreek – te verander,” sê Msiska.

Sukses van die program

“Ons is baie trots op die twee studente wat die Universiteit en ons land se ambassadeurs by hierdie prestigeryke geleentheid gaan wees,” sê me Michelle Pietersen, senior programbestuurder in die Afdeling vir Sosiale Impak.

Die US student, me Siphosethu Zantsi, het in 2019 die innovasielaboratirum van Unite 2030 bygewoon. Sy het ook ‘n niewinsgewende organisasie, Ampedza, gestig om kinders wat ‘n onderste ledemaat weens amputasie verloor het, te bemagtig om bo hul verlies aan ‘n ledemaat uit te styg.

Pietersen sê geleenthede soos hierdie bied aan studente die geleentheid om hul kennis en ondervinding oor sosiale impak op ‘n globale skaal uit te brei.

  • Vir meer inligting oor Camp 2030, besoek die Unite 2030-webwerf by  https://www.camp2030.com/.​​
Fotograaf: Stefan Els

More articles

Duitse vise-kanselier ‘hoogs beïndruk’ met US se navorsing, fasiliteite

Lewensveranderende geleenthede

VGP-student Shane nou ‘n suksesvolle radiofrekwensie-ingenieur

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!