Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie

Menu

  • Afrikaans

Aanvaarding van Gebaretaal as amptelike 12de taal bevorder kommunikasie vir dowe onderwyser

Gebaretaal is op 19 Julie as amptelike twaalfde landstaal aanvaar. Ilze Aaron, wat in 2021 haar onderwyskwalifikasie by Fakulteit Opvoedkunde verwerf het en die eerste dowe student by die fakulteit was, is opgewonde hieroor.

“Om Gebaretaal as die amptelike twaalfde taal te hê stel my in staat om meer vrylik te kommunikeer. Ek dink dit sal mense in die samelewing motiveer om meer te wil leer oor die taal en dit sal baie dowe persone se lewens verbeter. Vir my persoonlik dink ek dat hierdie mylpaal nuwe deure sal oopmaak en dat die dowe gemeenskap meer erkenning sal kry.”

Reeds op skool het Gebaretaal vir haar ʼn groot verskil gemaak. Sy het vanaf ʼn sukkelende leerder in ʼn gewone skool verander na ʼn suksesvolle leerder by die De la Bat Skool vir Dowes. Hierdie skool het haar later gevra of sy nie belangstel om by Universiteit Stellenbosch te studeer nie. Dit het daartoe gelei dat sy aansoek gedoen het vir haar BEd-kwalifikasie by Fakulteit Opvoedkunde en sodoende het sy die eerste persoon in haar familie geword wat ʼn graad verwerf het. “My ervaring by Universiteit Stellenbosch het van my ‘n beter mens gemaak en ek sal dit altyd onthou omdat ek die ondersteuning gekry het wat my inspireer het om my droom te bereik.”

Vandat sy in 2021 gradueer het, gee sy onderwys vir ʼn Graad 3-klas by die Dominikaanse Wittebome Skool vir Dowes. Aangesien daar ʼn tekort is aan onderwysers wat gebaretaal ken, moes sy al baie verskillende rolle by die skool vul. Sy durf vir die res van 2023 ‘n posisie in die senior fase in Suid-Afrikaanse Gebaretaal en Fisiese Onderrig aan by dieselfde skool. “Hierdie posisie is vir my opwindend en ek sien uit om my ervaring as ‘n onderwyser uit te brei. Met die wete dat Gebaretaal as die twaalfde taal aanvaar is, sien ek uit om groot verandering te bring in die lewens van die dowe leerders en die dowe gemeenskap.”

Dit is vir haar ‘n groot voorreg om met dowe leerders te kan kommunikeer in die taal wat hulle verstaan. Sy is dankbaar vir wonderlike kollegas wat haar motiveer om elke dag ʼn beter onderwyser te word. Dit is vir haar belangrik om elke dowe kind se behoeftes eerste te plaas en almal dieselfde te behandel.

Aaron beplan om verder te studeer in sielkunde sodat sy ook met dowe leerders oor hulle geestesgesondheid kan gesels. “My missie is om elke dowe leerder te laat verstaan dat hulle in staat is om die onmoontlike te bereik en dat hulle gehoor kan word.”

More articles

Nelson Mandela-dag 2022 – “Doen wat jy kan, met wat jy het, waar jy ook al is”

#JongAlumni: Jean Durand ontvang fakulteit se hoogste eerbewys

Gebrek aan vakkundige publikasies deur vroue kom onder die loep

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!