Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

US alumni span seëvier in Cambridge Misinformation Hackathon

‘n Webgebaseerde plugin (ingeboude toevoeging tot jou webblaaier) wat misleidende uitlatings oor syfers in aanlyn mediaberigte blootlê, het aan drie alumni van die Universiteit Stellenbosch (US) die eerste plek besorg in die Cambridge Misinformation Hackathon by die Universiteit van Cambridge in die Verenigde Koninkryk.

Gregor Feierabend, Josephine Rey en Luca Powell, almal ingeskrewe Cambridge-studente vir die MPhil in Gevorderde Rekenaarwetenskap, is US-alumni in onderskeidelik wiskunde, rekenaarwetenskap, en elektriese ingenieurswese. Al drie is bevoorreg om volle beurshouers te wees: Gregor is ‘n Gates Cambridge beurshouer, terwyl Josephine met ‘n Patrick & Margaret Flanagan-beurs studeer, en Luca het ‘n beurs van die Skye Stigting.

Volgens Gregor ken hul drie mekaar reeds sedert dag 1 as voorgraadse US-studente:  “Ons het alreeds aan verskeie kompetisies gesamentlik deelgeneem, wat ons waarskynlik so ‘n goeie span maak. In ons eerste jaar was ek en Josie deel van die wenspan wat die 2019 Stellenbosch Hackathon gewen het. Ons al drie is ook gereelde deelnemers aan die Harvard Puzzle Day, ‘n prettige kompetisie wat aanlyn aangebied word deur CS50 Rekenaarkursus by Harvard Universiteit”.

“Elkeen van ons bring verskillende vaardighede en verskillende agtergronde na die span. Die Cambridge Misinformation Hackathon beklemtoon die belangrikheid van interdissiplinêre samewerking – nie slegs in rekenaarwetenskap nie, maar ook in die lettere en sosiale wetenskappe,” voeg Gregor by.

Die Misinformation Hackathon word jaarliks deur studente in die Centre for Research in the Arts, Social Sciences, and Humanities (CRASSH) georganiseer.

Volgens die span is ‘n aansienlike bron van waninligting opgesluit in die manier waarop daar oor syfers berig word op my amptelike media-afsetpunte: “Waarskynlikheidssbeginsels word dikwels deur die publiek misverstaan, wat deur die media misbruik of uitgebuit word,” verduidelik hulle in hulle voorlegging vir die kompetisie.

Byvoorbeeld, in een verslag word die inname van spek gekoppel aan ‘n 20% toename in risiko vir die ontwikkeling van pankreaskanker. Hierdie oënskynlik kommerwekkende toename weerspieël egter nie die werklike aanvanklike risiko om pankreaskanker te kry nie (1 uit 80 mense): “’n 20% toename in die oorspronklike koers vertaal dus na 6 uit 400 mense, in plaas van 5 uit 400 mense wat pankreaskanker kry, wat minder erg is,” vervolg hulle.

Die span het ‘n webgebaseerde plugin voorgestel wat misleidende syfergebaseerde aansprake wat in aanlynartikels gemaak word, kan identifiseer, en dit aan die leser rapporteer. Wanneer ‘n leser se pyltjieloper oor hierdie inligting hang, verduidelik ‘n oorlaagblokkie hoekom die aansprake misleidend kan wees en verander dit na ‘n maklik verstaanbare formaat. Byvoorbeeld:

  • Relatiewe aansprake word in ‘n gestandaardiseerde formaat omgesit bv: “5 uit elke 1000″ word “0.5%”;
  • Relatiewe veranderinge word as potensieel misleidend gemerk en die gebruiker word aangemoedig om verdere navorsing te doen ten einde die korrekte konteks te kry waarin die aanspraak gemaak word, bv. “50% minder motorongelukke” kan beteken ‘n afname van 2 tot 1, of van 200 tot 100 insidente.
  • Rangvolgordes van absolute hoeveelhede word as potensieel misleidend gemerk en die leser word aangemoedig om dit te vergelyk met relatiewe rangordes, soos bv.: “meer mense sterf as gevolg van motorongelukke as van haai-aanvalle” kan misleidend wees omdat dit nie die relatiewe risiko van besering noem nie”.

 

Volgens Gregor bestaan die MPhil in Gevorderde Rekenaarwetenskap by Cambridge uit vakonderrig, sowel as navorsingswerk en word ‘n wye verskeidenehdie vakke gedek.

​Josephine het haar BSc-graad in Rekenaarwetenskap aan die US voltooi, gevolg deur ‘n HonsBSc in Rekenaarwetenskap aan die Universiteit Kaapstad. By Cambridge doen sy navorsing om Masjienleer en Kunsmatige Intelligensie in onderwys in Afrika te ondersteun. Luca het sy BIng-graad in elektriese ingenieurswese aan die US verwerf. Vir sy navorsingsprojek by Cambridge is hy besig met die implementering van gefedereerde leer in satellietopstellings. Gregor, wat ‘n BSc in Wiskunde aan die US verwerf het, doen navorsing oor die wiskundige grondslae van rekenaarwetenskap om wiskundige modelle te ontwikkel wat ons in staat stel om sagteware reg te bewys. ​

Op die foto, van links na regs: Gregor Feierabend, Luca Powell, en Josephine Rey. Foto verskaf

More articles

COVID-19: Toegang tot aanlyn onderrig en studentedienste

Trollie-uitdaging 2022: Aandag alle fakulteite!

Die US Argief – ons Universiteit se institusionele geheuebank

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!