Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

US-navorsers presteer by eerste African Biotrade Festival

Navorsers van die Universiteit Stellenbosch (US) het hul stempel afgedruk by die onlangse  eerste African Biotrade Festival wat in Johannesburg plaasgevind het. Dr Rhoda Malgas en Kyle le Roux was twee van die drie aanbieders wat elk ‘n ten volle betaalde reis gewen het na enige akademiese konferensie van hul keuse, enige plek ter wêreld.

Die US-verteenwoordigers was onder ses nagraadse navorsers van regoor die land wat gekies is om hul navorsingsbevindings in hierdie veld te deel.

Die African Biotrade Festival was ‘n unieke geleentheid vir navorsers om ‘n diverse groep belanghebbendes wat strek oor die waardekettings van inheemse spesies soos kremetart, maroela, kougoed, boegoe en heuningbos, toe te spreek. Dit is in samewerking met die  Organic and Natural Products Expo Africa 2023 by die Sandton-konvensiesentrum in Johannesburg gehou, en aangebied deur die Departement Bosbou, Visserye en die Omgewing, en die Departement van Handel en Nywerheid.

Malgas se aanbieding, getiteld: “Why the only economy for rooibos and honeybush is green”, is gegrond op haar onlangse PhD-navorsing wat fokus op volhoubaarheid  in die rooibos- en heuningbossektore. Sy het haar PhD-graad in 2022 verwerf en is tans ‘n lektor in die Departement Bewaringsekologie en Entomologie in die Fakulteit AgriWetenskappe.

Met haar PhD-navorsing onder leiding van Prof. Karen Esler en wyle Prof. Shayne Jacobs, belig Malgas se werk ekologiese meganismes wat die potensiaal het om die langtermyn- lewensvatbaarheid van die rooibos- en heuningbossektore, saam met ander fynbosgebaseerde industrieë te verseker.

Malgas sit haar navorsing oor volhoubaarheid in fynbos en ander biogebaseerde sektore voort, met die fokus op sosio-ekologiese stelsels en hoe mense met hul natuurlike omgewings omgaan.

Le Roux, ‘n MSc-student in die Departement Biochemie in die Fakulteit Natuurwetenskappe, bestudeer die potensieel voordelige effekte van heuningbos-ekstrakte in die behandeling van oksidatiewe stresverwante siektes soos diabetes. In sy navorsing bestudeer hy spesifiek die effek van hierdie ekstrakte op die funksionering van mitokondria, aangesien hulle die meeste van die chemiese energie genereer wat benodig word om die biochemiese reaksies in selle teweeg te bring.

Met ander woorde, as jou mitokondria gesond is en optimaal funksioneer, is jou liggaam in staat om ‘n gesonde balans te handhaaf tussen die oksidante en antioksidante wat tydens hierdie proses gegenereer word. Wanneer die balans egter versteur word, word die liggaam se antioksidantverdediging oorweldig en word die mitokondria disfunksioneel, wat manifesteer in siektes soos tipe 1-diabetes.

Le Roux het in sy aanbieding daarop gewys dat hoewel konvensionele medisyne doeltreffend is in die verlaging van bloedsuikervlakke, dit dikwels nie die skade aan die antioksidantbeskermers van die selle, of die skade wat aangerig is vóór die aanvang van behandeling, kan omkeer nie.

Deur die terapeutiese voedingswaarde van ‘n medisinale plant soos heuningbos wetenskaplik vas te stel, kan dit dan ‘n bekostigbare behandelingsopsie bied aan diegene wat nie toegang tot konvensionele mediese behandeling het nie.

“Hierdie tipe navorsing is belangrik vir die bedryf. Nie net sal die heuningbos ‘n nuwe mark bykry met die ekstrak se medisinale gebruik nie, maar die oes en verbouing van heuningbos sal dalk ook moet verander om eerder die inhoud in plaas van sy smaakprofiel te verbeter, ” sluit hy af. Le Roux se studieleier is Dr Naeem Sheik Abdul, navorsingsgroepleier in die Departement Biochemie aan die US.

More articles

‘Geneser, improviseerder en vakkundige’

Gebrek aan vakkundige publikasies deur vroue kom onder die loep

Skep ʼn Legaat: Die Betekenis van Testamente vir Alumni van die Universiteit Stellenbosch

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!