Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

US speel sy rol in vreedsame en inklusiewe ontwikkeling in Afrika

Die stigting van die Besigheid- en Konflikwaarnemingsentrum (BKWS) by die Stellenbosch Besigheidskool verleen erkenning aan die Universiteit Stellenbosch (US) se belangrike rol in die “globale gesprek oor vreedsame ontwikkeling”.

Só sê prof Brian Ganson, hoof van die Sentrum vir Konflik en Samewerking by die Besigheidskool​ (wat as die BKWS se Sekretariaat sal dien) en professor by die US se Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke. “Daar is groot internasionale steun om beleggings in brose ekonomieë te verhoog, maar die vertroue ontbreek soms dat die geld wat na hierdie lande vloei die beoogde positiewe uitwerking sal hê – veral as daar onstabiliteit of konflik is.”

Die BKWS sal as ʼn onafhanklike platform dien wat menseregtekampvegters, arbeids- en besigheidsleiers, beleidmakers, internasionale vennote en navorsers byeen sal bring. Deur die kollig op problematiese praktyke te laat val sal die BKWS ʼn gemeenskaplike begrip help skep van bane van ontwikkeling wat die maksimum voordeel bied aan diegene in Afrika en elders wat dikwels uit- of agtergelaat word.

Die inisiatief geniet die steun van die Verenigde Nasies (VN) en Elizabeth Spehar, Assistent-sekretaris-generaal: Vredesbou-ondersteuning, het in ʼn brief aan prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier van die US, geskryf: “Die BKWS het nie net die potensiaal om as kurator vir data en bewyse te dien en samewerkende ontleding te fasiliteer om die verhouding tussen privaatsektorontwikkeling, konflik en menslike sekuriteit beter te verstaan nie, maar kan ook dialoog tussen diverse belangegroepe bevorder, wat positiewe verandering met betrekking tot die dinamika van privaatsektorontwikkeling in vredesbou-omgewings kan kataliseer.”

Spehar het gesê die BKWS se samewerking met die VN sal waardevolle insig vir die ontwikkeling van vredesbegingsels vir die privaatsektor insluit, asook steun vir lede van die Vredesboukommissie en steun vir die VN se kapasiteit in verskillende lande deur die Inwonende Koördineerderskantore. “Ons erken die US se sterk bydraes tot globale begrip van en beleidsdebatte oor hierdie kwessies en ons sien daarna uit om saam te werk om uitreikpogings te ondersteun en die BKWS te help verwesenlik.”

In sy antwoord aan die VN het De Villiers geskryf: “Die US is daartoe verbind om ʼn plek te word waar diverse rolspelers kan beraadslaag om ons gemeenskap van ʼn eksklusiewe verlede na ʼn maatskaplik regverdige, volhoubare en florerende demokratiese toekoms te neem.”

Hy het bygevoeg dat die BKWS uit die Besigheidskool se kundigheid oor konflik en samewerking, ontwikkelingsfinansies en toekomsstudies sal put, asook uit die US se leiersrol in datawetenskap en sy Afrika- en globale vennootskappe.

More articles

Prof Thuli en ondersteuners sweet vir #Action4Inclusion

DTTS verskaf leierskap met die opdatering van die WGO se TB-riglyne vir kinders

Voor hul tyd gesterf: Stellenbosch-kenner voeg stem by beroep vir optrede om geestesgesondheidsverwante sterftes te voorkom

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!