Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

US verloor gewaardeerde en lojale vriend

“Nie net het die Universiteit ‘n uiters knap raadsvoorsitter verloor nie, maar ‘n besonderse gewaardeerde en lojale vriend van die Universiteit.”

So sê prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US). Die US het laat  gisteraand die nuus verneem dat mnr Ainsley Moos, Voorsitter van die US-Raad en passievolle oud-Matie, gister (31 Januarie 2023) oorlede is.

“Dit is uiteraard ‘n geweldige skok vir die universiteitsgemeenskap en dit kom, om die minste te sê, in ‘n tyd wat die Universiteit swaar geleun het op sy bestuurskundigheid én sy bewese ervaring as kommunikasiespesialis, maar ook wat betref sy vaardighede as bestuurder van belanghebberverhoudinge in die korporatiewe wêreld. Op ‘n persoonlike vlak was sy ondersteuning aan my inspirerend. Matieland het inderdaad ‘n groot vriend verloor. In die besonder dink ons in hierdie hartseer tyd aan sy familie en geliefdes,” sê prof De Villiers.

“Ainsley was passievol oor die Universiteit Stellenbosch en oor die rol wat die Universiteit, sy personeel en studente nasionaal, maar ook op die globale verhoog moet speel en hy het hard gewerk om hierdie visie te deel,” het dr Nicky Newton-King, Ondervoorsitter van die Raad, gesê. “Sy nederigheid en kalm leierskap was die Raad tot groot voordeel soos was dit die afgelope jaar ‘n reeks ernstige uitdagings hanteer het. Die Universiteit was baie gelukkig om Ainsley op hierdie kritiese tyd in sy geskiedenis onder sy leiers te kon reken.”

Mnr Moos was ‘n lid van die uitvoerende span van die finansiële dienstemaatskappy African Rainbow Capital (ARC).

Hy dien reeds sedert 2014 in die Raad en het onder meer opgetree as voorsitter van die Vergoedingskomitee van die Raad en as lid van die Uitvoerende Komitee en Menslike Hulpbronnekomitee. Hy is in 2018 as ondervoorsitter aangewys en het die voorsitterstoel op 3 Desember 2021 ingeneem.

Mnr Moos is ‘n US-alumnus wat die grade BA, BPhil (Joernalistiek) en ‘n MBA aan die Universiteit verwerf het. Hy het ook leierskapsprogramme by GIBS, Wits en Harvard voltooi.

  • Die US Raad het ʼn toesighoudende verantwoordelikheid vir akademiese en bedryfsake, sowel as institusionele beleid en strategie by die instelling.  ​

More articles

Navorsing ondersoek kwessie van geweld teen mense met gestremdhede

Hoekom dit belangrik is om oor vroue in die wiskundige wetenskappe te praat

Winterkoue en witwarm taalnavorsing

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!