Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie

Menu

  • Afrikaans

US verwelkom ‘n 100 regsgeleerdes vir Global Scholars Academy

Die Global Scholars Academy (GSA) is ‘n jaarlikse internasionale geleentheid van die Harvard Law School se Instituut vir Globale Reg en Beleid (IGLP) om jong akademici bymekaar te bring om idees uit te ruil en hul navorsing te bespreek

Prof Nicola Smit, dekaan van die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Regsgeleerdheid – gasheer vir die week se verrigtinge, het die jong academici en mentors van regoor die wêreld verwelkom en gesê die US wil baie graag die gaping tussen die universiteite van die noorde en dié van die suide verklein – wat ook goed aansluit by die visie van die GSA. “Toe die IGLP die samewerking voorgestel het, het ons saamgestem dat daar ‘n tasbare behoefte is om die volgende generasie akademici sowel as die akademiese instellings waarin hulle werk, te versterk. Van die waardevolste geskenke in die akademie, naamlik tyd wat aan navorsing en die deel van kundigheid gewy word, is die grondslag van hierdie hele week se ervaring,” het sy gesê.

“Daar is geen maklike antwoorde vir ons en die jonger geslag se komplekse uitdagings nie. Maar as ons mildelik kan luister, met nuuskierigheid kan luister en met eerlikheid en ‘n oop gemoed kan praat, sal ons reeds ‘n vrugbare Akademie hê,” het Smit bygevoeg.

Prof David Kennedy, Direkteur van die IGLP, wat die GSA-byeenkomste wat wêreldwyd sedert die IGLP se ontstaan 15 jaar gelede gehou word, het gesê die reaksie en verteenwoordiging van beide Suid-Afrika en ander lande in Afrika vir vanjaar se GSA is uiters bemoedigend. Die US voeg hom nou by die geledere van ander IGLP-vennootinstellings in lande soos Thailand, Columbië, Brasilië, Doha en Spanje aangesluit as deel van die vinnig groeiende internasionale GSA-netwerk.

“Die fokus van die GSA is navorsing. Die feit dat die Universiteit Stellenbosch ‘n gesofistikeerde navorsingsinstelling is wat op die hoogtepunt van globale navorsingsuitnemendheid funksioneer, het dit ‘n geskikte basis gemaak vir die GSA-gesprekke wat vanjaar plaasvind, ook in die konteks van nouer samewerking tussen die globale noorde en die globale suid,” het Kennedy gesê.

Met verwysing na die GSA se voorafgaande internasionale simposium-tema (gehou op Saterdag 15 Januarie) van Inequality and insecurity: Contemporary challenges and the quest for justice, het Kennedy daarop gewys dat ongelykheid en armoede wêreldwye verskynsels is: “Streeks- en globale ongelykheid is ‘n dryfkrag vir al die GSA-deelnemers, beide die senior mentorskapfakulteit en die jong, geselekteerde akademici. In die bespreking van hierdie en ander dringende wet- en beleidskwessies is dit van kritieke belang vir ons visie om oor plaaslike uitdagings in ‘n globale konteks te dink.

“My hoop is dat al die deelnemers wat hier vergader oop gesprekke sal voer, robuuste debat sal over, maar met respek en vertroue, wat weer sal lei tot blywende samewerking en netwerkvorming; kollegas lewenslank. Ek het dieselfde sentiment teenoor die vennootskap tussen Harvard Universiteit en Universiteit Stellenbosch: ‘n langtermyn en volhoubare verhouding.”

*Hierdie week se GSA sluit skryfwerkswinkels, rondetafelbesprekings en aanbiedings deur hoëprofielgassprekers in, insluitend advokaat Tembeka Ngcukaitobi, lid van die Regshervormingskommissie, en skrywer van die boek The land is ours; advokaat Michelle le Roux en regter David Dennis, skrywers van die boek Warfare; prof Fatima Kahn, Direkteur van die Eenheid vir Vlugtelingeregte aan die Universiteit van Kaapstad; professore Michael Sachs en Cathi Albertyn van die Universiteit van die Witwatersrand; professore Thuli Madonsela en Sonia Human van die US se Fakulteit Regsgeleerdheid; mnr Ayabonga Cawe van Xesibe Holdings (Pty) Ltd; en dr Nthabiseng Moleko van die Stellenbosch Bestuurskool.

Foto: Prof David Kennedy,  Direkteur van die Harvard Law School se Instituut vir Globale Reg en Beleid (IGLP) en prof Nicola Smit, Dekaan van die US se Fakulteit Regsgeleerdheid.

More articles

Help ons om gapings te oorbrug

#Action4Inclusion: Matie gebruik gradepartytjie om geld vir studente in te samel

US nou nóg hoër op vakranglys

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!