Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Uitkoms van mosies – Buitengewone vergadering van die US Konvokasie

Die Bestuur van die Universiteit Stellenbosch (US) neem kennis van die uitslag van die buitengewone vergadering van die Konvokasie wat Donderdagaand, 1 Junie 2023 gehou is. Die vergadering is gelei deur afgetrede regter BM Griesel nadat die lede van die konvokasie wat die vergadering in persoon  bygewoon het, sy aanstelling as ad hoc-voorsitter vir hierdie buitengewone vergadering eenparig ondersteun het.

Die Konvokasie is ‘n statutêre liggaam van die Universiteit met die doel, volgens die Statuut van die US, “om die welsyn van die Universiteit te bevorder deur ʼn wedersyds voordelige verhouding tussen die Universiteit en die lede van die Konvokasie te handhaaf”.

Twee mosies deur lede van die Konvokasie is op die buitengewone vergadering gedebatteer en daaroor gestem. Die mosies is hier en hier beskikbaar. (Vir lede wat vir die aanlyn vergadering geregistreer het, is daar deur die President, Visepresident, en die twee voorstellers van die mosies op ‘n 24 uur-stemperiode ooreengekom.)

Die eerste mosie, ‘n mosie van wantroue in die uitvoerende komitee van die konvokasie, uitgesluit die visepresident, dr Rudi Buys, is aanvaar. Die lede van die uitvoerende komitee, uitgesluit die visepresident, sal nou hul posisies ontruim.

Die tweede, ‘n mosie van wantroue in die visepresident van die konvokasie, is nie aanvaar nie.

Die US neem kennis dat behoorlike proses gevolg is en vertrou dat alle lede van die Konvokasie by hierdie uitkomste sal hou. Die Universiteit sal voortgaan om administratiewe en logistieke bystand te verskaf om die Konvokasie te ondersteun waar nodig.

  • Die US het nagenoeg 230 000 alumni.

Die doel van die Konvokasie is volgens die Statuut van die US “om die welsyn van die Universiteit te bevorder deur ʼn wedersyds voordelige verhouding tussen die Universiteit en die lede van die Konvokasie te handhaaf, en mag die Raad, en die Senaat wanneer gepas, in hierdie verband adviseer”.

Die uitvoerende komitee ondersteun die Konvokasie in die verwesenliking van die doelwit en die verrigting van die funksies waarna in klousule 48 verwys word en gee uitvoering aan besluite van die Konvokasie, en moet aan die Konvokasie by die volgende vergadering verslag doen.

Die Konvokasie van die Universiteit bestaan uit: (a) alle persone aan wie ʼn kwalifikasie by ʼn kongregasie van die Universiteit toegeken is; (b) die rektor, die viserektore, uitvoerende bedryfshoof en die voltydse akademiese personeel van die Universiteit; en (c) voormalige voltydse akademiese personeel van die Universiteit wat die diens van die Universiteit verlaat het as gevolg daarvan dat hulle die aftree-ouderdom bereik het.

Die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie bestaan uit 5 persone: die President van die Konvokasie wat as voorsitter by vergaderings van die Konvokasie dien; die Visepresident wat as Voorsitter by vergaderings van die Konvokasie dien in die afwesigheid van die President; die Sekretaris van die Konvokasie; en twee lede verkies soos uiteengesit in 3.2  in die Prosedure vir die Nominasie en Verkiesing van die Konvokasie se Uitvoerende Komitee.

  • Die Institusionele Reëls vir die Konvokasie is hier  beskikbaar.

More articles

Sielkunde student oorkom angs en behaal Meestersgraad

Die herverbeelding van assessering vir ʼn transformerende studente-ervaring by die 2022 US AvOL-konferensie

US Raad keur nuwe taalbeleid goed

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!