Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Prof Thuli en ondersteuners sweet vir #Action4Inclusion

Prof Thuli Madonsela, die eerste direkteur van die nuutgestigte Sentrum vir Sosiale Geregtigheid aan die Universiteit Stellenbosch, en ‘n groep ondersteuners vir die #Action4Inclusion (#A4I)-veldtog het Saterdag (3 Februarie) die versengende Stellenbosch-son verduur om 7 kilometer in die Banhoek-bewaringsgebied te stap in hul poging om geld in te samel en bewusmaking te skep vir studente wat weens skuld sukkel om hul studies voort te sit.

‘n Groep van sowat veertig ondersteuners het vroegoggend by die Bethlehem-plaas opgedaag en gewapen met ‘n roosterkoek en koesister wat deur Visit Stellenbosch gereël is, die pragtige staproete in die Banhoekvallei in Kylemore, buite Stellenbosch, aangedurf. Dit was die vyfde keer dat ‘n #Action4Inclusion stap vir sosiale geregtigheid plaasgevind het, en prof Madonsela (wat al ‘n berg of twee geklim het en baie kilometers gestap het) sê dit is net die begin van baie wat kom. Die staptog is gelei deur TV-persoonlikheid, skrywer en joernalis Erns Grundling. Hy gee van sy spaar tyd vir hierdie verdienstelike saak onder leiding van prof Madonsela en haar span van Sosiale Geregtigheid. #Action4Inclusion word gelei deur die regsgegradueerde en kandidaatprokureur Thembalethu Seyisi en finalejaar-ingenieurstudent S’thabile Duma.

In 2020 het die Studenteraad aan die US, prof Madonsela, prof Sonia Human, die voormalige dekaan van die US Fakulteit Regsgeleerdheid, en ander sosiale geregtigheid-ambassadeurs saamgewerk om die #A4I-inisiatief te begin. Dit is een van die vele programme wat deur die US se jaarlikse Bridge the Gap-fonds befonds word. “Ons is almal bekommerd oor die gaping tussen talent en finansiële behoeftes. Met hierdie fonds help die gemeenskap om ons studente in daardie verband te ondersteun,” het prof. Madonsela gesê.

Die fondse wat deur #Action4Inclusion ingesamel word, word gebruik om studente te ondersteun wat nie vir die volgende akademiese jaar kan registreer nie weens uitstaande studentegelde, asook gegradueerdes wat nie toegang kry tot hul akademiese rekords wanneer hulle moet gradueer nie. So belemmer dit hul vermoë om tot ‘n talentvolle arbeidsmag by te dra. “Ons glo dat onderwys ‘n reg is en nie ‘n voorreg nie, en ons is daartoe verbind om ‘n meer inklusiewe omgewing te skep waar alle studente kan floreer,” het prof Madonsela afgesluit.

Erns het die groep ook daaraan herinner dat prof Thuli in Oktober vanjaar ‘n roete van meer as 300 kilometer gaan stap. Sy het hierdie Pelgrimstog van Hoop in Augustus verlede jaar van stapel gestuur. Dit is ‘n gewilde maar uitdagende pelgrimsroete van meer as 300 km deur uiteenlopende gemeenskappe en pragtige natuurskoon. Dit strek van Stellenbosch tot by die mees suidelike punt van Afrika by Kaap Agulhas. Die teiken vir fondsinsameling is R3 miljoen, wat gebruik sal word om studenteskuld te help verlig.

Prof Madonsela is nie bang om myle te stap of berge te klim om die aandag op belangrike kwessies te vestig nie. Sy het Kilimanjaro al twee keer (2019 en 2022) geklim vir die Trek4Mandela-inisiatief om Nelson Mandela se nalatenskap te vier.

Om hierdie waardige saak te ondersteun, kan jy skenkings maak aan #Action4Inclusion deur die givengain​-webwerf.  Klik op hierdie skakel:

https://www.givengain.com/campaign/action4inclusion

Outeur: Petro Mostert

More articles

US stel Afrika-gesentreerde infeksiesiektes-program bekend in samewerking met MSF

US-navorsers presteer by eerste African Biotrade Festival

Bonang Mohale: Die kragbron agter suksesvolle maatskappye

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!