Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Viwe Kobokana – “Jou eie behoeftes is ook belangrik”

As voorsitter van die Universiteit Stellenbosch (US) se Studenteraad (SR), wil Viwe Kobokana seker maak dat alle studente inspraak het in die besluite wat hulle raak. Sy gebruik ook haar amp om ander op hulle leierskapsreis by te staan.

 

As deel van die US se Vrouemaandvieringe, vertel Viwe ons meer van haar werk en die leierseienskappe wat dit vereis.

 

Vertel ons meer van jou rol by die Universiteit Stellenbosch.

Die SR-voorsitter is daarvoor verantwoordelik om ‘n groep uiteenlopende leiers bymekaar te bring en hulle energie en vaardighede te kanaliseer om die SR se take uit te voer. Ek moet sorg dat woorde in dade omgeskakel word, en ek moet lede so ver moontlik ondersteun om te verseker dat ons projekte geïmplementeer word. As voorsitter, dien ek ook as woordvoerder van die SR én die studente wat ons verteenwoordig.

 

Wat geniet jy die meeste van jou rol?

Ek geniet dit om teenwoordig te wees daar waar besluite geneem word, en om te weet dat ek ‘n stem gee aan diegene wat nie andersins daar verteenwoordig sou gewees het nie. Boonop geniet ek dit om ander op hulle leierskapsreis te lei, terwyl ek self ook groei danksy my blootstelling aan soveel verskillende mense.

 

Wat is volgens jou die belangrikste leierseienskappe wat jou werk vereis?

Dit is belangrik om voor mense te kan praat en jou menings te kan verwoord. ‘n Mens moet ook selfversekerd wees, kan delegeer, jou tyd goed bestuur, goeie organisasievaardighede hê, en gaaf, geduldig en onbevooroordeeld wees. Daar is eintlik nog soveel ander eienskappe, maar ek reken hierdie paar is boaan die lys.

 

Leiersrolle is veeleisend. Wat hou jou gemotiveerd?

Ek onthou die doelwitte wat ek neergeskryf het toe ek besluit het om hierdie leiersrol te aanvaar – die veranderinge wat ek wou teweegbring en hoe ek persoonlik wou groei. Wanneer ek sien hoe ek elkeen van daardie doelwitte bereik, besef ek dat ek is waar ek in hierdie spesifieke stadium móét wees.

 

Wat is jou boodskap aan die volgende generasie aspirantvroueleiers?

Jou eie behoeftes is ook belangrik. Baie mense in leiersposte is so besig om hulle werk te prioritiseer dat hulle skoon vergeet om hulleself te prioritiseer. Studenteleiers skeep veral hulle akademie, hulle vriendskappe en selfs hulle selfsorg af. Dit is belangrik om grense te stel en jou persoonlike lewe teen die eise van leierskap te beskerm. Jy mag nee sê, jy mag ‘n blaaskans neem, jy hoef nie die hele tyd beskikbaar te wees nie. Leierskap gaan oor jou verantwoordelikheid om ander te dien, maar jy het ‘n ewe groot verantwoordelikheid teenoor jouself.

 

  • Foto deur Stefan Els.

More articles

Sluit aan by prof Thuli Madonsela om studente in finansiële nood te help

Nuwe behandeling bied hoop vir pasiënte met verwoestende longsiekte

COVID-19: Toegang tot aanlyn onderrig en studentedienste

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!