Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

In die globale arena

Die Amerikaanse nasionale instituut vir gesondheid (NIH) se kliniese sentrum aan die departement pyn- en palliatiewe sorg in Bethesda, Maryland, het onlangs aan ’n PhD-gegradueerde van die Universiteit Stellenbosch, Ronita Mahilall, ’n nádoktorale genootskap van twee jaar aangebied. Sy beklee hierdie posisie met ingang van Desember 2022.

Die oproep van die NIH het uit die bloute gekom, maar is verwelkom omdat dit Ronita die geleentheid bied om haar baanbrekerswerk in die integrasie van die spirituele aspek van palliatiewe sorg in akademiese en professionele opleiding in Suid-Afrika en wêreldwyd voort te sit.

Ronita skryf die Amerikaanse instituut se belangstelling in haar toe aan die hoë akademiese profiel wat sy handhaaf vanweë die Universiteit Stellenbosch se praktyk wat vakkundiges aanmoedig om hul werk in akademiese tydskrifte te publiseer terwyl hulle hulle proefskrif skryf. ’n PhD-deur-publikasie verseker dat die navorsingswerk onder ’n wêreldwye gehoor bekend raak, terwyl die tradisionele vorm van ’n PhD-tesis ’n beperkte leserstal kan hê en dikwels stof op ’n biblioteekrak vergader.

Gevolglik het Ronita vyf gepubliseerde ewekniegeëvalueerde tydskrifartikels in 16 maande gelewer en haar bevindinge as ’t ware in die hof van internasionale akademiese mening getoets. “As dit nie vir die Universiteit Stellenbosch was nie, sou ek nie hierdie geleentheid gekry het om ’n akademiese loopbaan by die NIH aan te pak nie,” sê sy.

Ronita loof ook die Universiteit vir die bevordering van ’n toegepaste benadering tot vakkundigheidsopleiding aan die instelling.

Sy verduidelik hoe sy as gevolg daarvan die Universiteit Stellenbosch vir haar PhD gekies het bo ander mededingende Suid-Afrikaanse universiteite wat, na haar mening, ’n meer “rigiede benadering” volg.

“Daarteenoor behandel die Universiteit Stellenbosch die instelling se PhDkandidate soos volwassenes, wat hulle in staat stel om dinge te beproef, alternatiewe praktyke te oorweeg en bestaande praktyke te hervorm,” vervolg sy.

Hierdie betrokkenheid by die hervorming van praktyke was deurslaggewend vir Ronita, wat as uitvoerende hoof van die St Luke’s Combined Hospices in Kaapstad groter erkenning wou bevorder vir die rol wat verskaffers van spirituele sorg in die palliatiewe-sorgomgewing vertolk.

Sy verduidelik hoe die spirituele aspek van palliatiewe sorg – dit wil sê die versorging van terminaal siek persone en hul naasbestaandes – nie voldoende erken word in vergelyking met die mediese, psigososiale en verliesaspekte nie.

Ronita wil verseker dat die verskaffers van spirituele sorg met die gepaste vaardighede en kennis toegerus word en daarom skenk sy aandag aan die selfsorgbehoeftes van diegene wat terminaal siek persone versorg en sterwensbegeleiding hanteer, ’n praktykgerigte veld wat reeds emosioneel gelaai en sielkundig uitputtend is.

Sy wil die spirituele aspek van palliatiewe sorg uitlig sodat dit beskou kan word as ’n perspektief op, en ’n stel gereedskap vir, ’n kultureel en kontekstueel sensitiewe kwessie, met ander woorde sorgintervensies aan die einde van ’n persoon se lewe, in stede daarvan om as ’n soort “mistieke” benadering afgemaak te word.

In dié verband en met verwysing na die belang van ubuntu in die Afrika-konteks, sê Ronita dat die spirituele dimensie reeds in vele mense se DNS is. “Dit is deel van wie ons is.”

“Die oogmerk is om hierdie aspek van ons spiritualiteit en kultuur op die voorgrond te plaas en gesondheidsorgverskaffers te bemagtig wat in die spirituele behoeftes van terminaal siek persone moet voorsien deur hulle toe te rus met die vaardighede om hierdie benadering as ’n geldige en belangrike benadering te bevorder,” verduidelik sy.

Daar was nog ’n rede waarom sy die Universiteit Stellenbosch se Departement Sielkunde gekies het om haar PhD-studie te onderneem, en dit was prof Leslie Swartz, ’n studieleier wat volgens Ronita palliatiewe sorg en die spirituele aspek daarvan begryp, omdat hy self nou saamgewerk het met die St Luke’s Combined Hospices.

Nadat sy haar doktorsgraad voltooi het, het Ronita gou haar voete in die rol van vakkundigepraktisyn gevind en gehelp om palliatiewe sorg in die maatskaplikewerkkurrikulum van die Universiteit van Kaapstad in te voer; ’n bydrae tot die sertifisering van die palliatiewesorgkursus aan die Universiteit Stellenbosch te lewer; en werkswinkels vir derdejaar mediese studente as gasdosent aan die US te fasiliteer.

Sy het verder toenemend in die internasionale arena betrokke geraak, ’n virtuele aanbieding tydens die 6de internasionale konferensie oor die internasionale netwerk vir die studie van spiritualiteit in Londen gelewer, en onlangs as spreker by ’n wêreldvergadering van die World Association of Cultural Psychiatry in Nederland opgetree.

Ronita sê die volgende stap in haar loopbaan is “om die Afrika-stem op die terrein van spiritualiteit en palliatiewe sorg in die globale noorde te laat hoor”. In hierdie verband sê sy dat die nádoktorale genootskap aan die NIH “my met meer vaardighede en kennis sal bemagtig”.

Terselfdertyd beskou sy nie haar loopbaanpad streng binne die tradisionele grense van die akademie nie: “My doel is om ’n vakkundigepraktisyn te wees, dit wil sê iemand wat by die verandering self betrokke is én wat ’n agent van daardie verandering in die rol van akademikus kan wees.”

“Diegene wat verandering teweeg wil bring, kan meer effektief wees as hulle oor ’n intieme kennis beskik van die mense wat by hulle pogings moet baat,” sê Ronita.

  • Skrywer: Mark Paterson
  • Hierdie is die eerste uitgawe van ons tydskrif vir Matie-alumni, en dit weerspieël die stories van vele mense met unieke geeskrag.
    Is jy op soek na ’n paar oplossings vir die lewe, of het jy eenvoudig nodig om weer te hoor hoe teëspoed in geleenthede omskep kan word? Lees dan gerus verder, Matie!
    https://console.vpaper.ca/stellenbosch-university/always-a-matie-202301_afri/

More articles

Sluit aan by die Breedevallei se US-alumni-hub

Dr Celeste Nel – “Moet nooit ophou leer nie

US geologiestudent kry toptoekenning by internasionale konferensie

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!