Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Vroue en werk

Haar eie ervarings en ’n begeerte om werksomgewings deur intellektuele aktivisme te verbeter, het prof Anita Bosch se paadjie gevorm. Anita van die Stellenbosch Bestuurskool beklee ʼn navorsingsleerstoel gewy aan die studie van vroue en werk.

Voordat sy by die US aangesluit het, was sy die hoofsameroeper van die navorsingsprogram “Women in the Workplace” by die Universiteit van Johannesburg, waar sy onderrig gegee het en ook ’n aantal leiersrolle beklee het. Voor haar universiteitsloopbaan het sy gewerk en leiersposisies beklee in die velde van rekeningkunde, menslikehulpbronontwikkeling en betaalstelsels in die private sektor.

Sy is die skrywer en redakteur van ’n aantal openbare verslae, insluitend die Womensreport.africa, Women on South African boards: Facts, fiction and forward thinking; Gender pay gap guide for the already converted; and Winds of change: Trade as a catalyst for board gender diversity.

Voordat sy haar akademiese loopbaan begin het en ná etlike jaar in die korporatiewe wêreld, het Anita en haar lewensmaat besluit om met ’n gesin te begin. Dit is toe sy besef het dat sy ander keuses as haar manlike eweknieë moet maak.

“Ek was nie ongelukkig daaroor nie, ek was net gefrustreerd dat ek nie meer kon deelneem in die werksomgewing soos ek graag sou wou nie,” onthou sy.

As ’n kind is Anita aangemoedig om te glo dat sy kon wees wat ook al sy wou wees, en sy was nie gewillig om die status quo blootweg te aanvaar nie.

“Ek het afrigtingsgeleenthede gesoek om my te help om sin te maak van dit alles en het toe opleiding ondergaan sodat ek as ʼn afrigter vir ander kon optree. Dit voel asof die veld van vroue en werk na my toe gekom het as gevolg van my lewenservaringe. Dit was maar net deel van die paadjie wat ek geloop het en wie ek is.”

Sy het besef sy kon navorsing doen deur die lens van vroue en betekenisvolle bydraes maak om werksomgewings vir vroue én mans te verbeter.

Anita glo geleenthede soos Internasionale Vrouedag is belangrik om aandag te gee aan die onderstrominge in dialoë oor vroue en hul rol in regerings, besigheid, die samelewing en huishoudings.

“Elke keer as ek wonder of dit werklik nodig is om Vrouedag te vier, herinner ek myself daaraan dat die generasie wat voor my gekom het, ongelooflik baie werk gedoen het om die pad vir my generasie gelyk te maak, en dat ek en my generasie steeds ’n groot rol het om te speel om dit makliker vir my dogter en seun se generasie te maak.”

Volgens Anita lyk dit of daar ’n aanname bestaan dat daar ʼn leierskapprototipe is, en as jy nie by daardie begrip inpas nie – en die meeste vroue pas nie daarby in nie – word jy nie as ʼn goeie leier beskou nie.

Die tema vir Internasionale Vrouedag 2023 is #EmbraceEquity en sy sal in haar praatjie op 8 Maart verwys na die verskil tussen gelykheid (equality), wat op diversiteit fokus, en regverdigheid (equity), wat op insluiting fokus.

Sy voer aan dat as stelsels en praktyke nie verander om insluiting te bevorder nie, sal vroue – veral dié wat op rade dien of leierskapposisies beklee – aanhou om maatskappye te verlaat, wat die stereotipe versterk dat vroue nie die mas kan opkom nie.

“Jong vroue moet besef hulle betree ’n omgewing wat nie noodwendig vir vroue gebou is nie, maar dat hulle kan help deur insluiting te kweek. Hulle hoef nie slagoffers of slawe van die stelsel te wees nie,” sluit sy af.

  • Anita is deel van ‘n paneel van merkwaardige Matie-vroue wat op 8 Maart die onderwerp, “The Gender Gap: Creating Transparency for Women to Thrive”, sal bespreek.
  • Ter herdenking van Internasionale Vrouedag wat op 8 Maart dwarsdeur die wêreld gevier word, werp die Stellenbosch Vroue-alumnae Netwerk (SWAN) die soeklig op ons merkwaardige vroue, nie net vir ’n dag nie, maar vir die hele Maartmaand.
  • Lees meer hier: https://console.vpaper.ca/stellenbosch-university/swan-iwd23_afr/

More articles

US samel R140 000 in vir Move4Food-inisiatief en ondersteun studente wat met voedselonsekerheid worstel

SciMathUS-suksesstorie: Van skeptisisme tot Finansiële Bestuurder – David-John Michael Steyn deel sy reis

Nelson Mandela-dag 2022 – “Doen wat jy kan, met wat jy het, waar jy ook al is”

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!