Is jy onder die ouderdom van 35, opsoek na nuwe en opwindende geleenthede om te netwerk en jou loopbaan te bou? Dan is ons Jong Alumni Program (YAP) net vir jou bedoel!
Hierdie program het ten doel om loopbaanontwikkelings‑ en netwerkgeleenthede te skep, wat jou in staat stel om in jou beroep te floreer. Kyk gerus na die bekendstellingsvideo vir meer inligting oor hierdie dinamiese netwerk.
Dit is waar wat hulle sê, Your Network is your Net Worth (Jou netwerk is jou netto waarde). Ons besef hoe belangrik netwerkbou is wanneer jy ‘n nuwe loopbaan begin. Die uitbou van ‘n netwerk is nie afgehandel wanneer jy jou graad verwerf nie. Dit is juis om hierdie rede dat ons netwerkgeleenthede via plaaslike Alumnihubs- en takke skep, om jou te bereik waar jy jou ook al bevind.
Sluit gerus aan by ons Londen YAP-netwerk vir ‘n skemeronthaal op Donderdag 25 November 2021 saam met Mark Sater, Matie-alumnus en Hoof Uitvoerende Beampte van Sage Housing.
Mark sal ‘n paar van sy “Hoe om …”-oomblikke met julle deel en daar sal ook genoegsame geleentheid vir vrae wees.
Die besonderhede vir die geleentheid is as volg:
Datum: Donderdag 25 November 2021
Tyd: 18:00 – 20:00
Plek: Uncommon Borough, 1 Long Ln, Londen SE1 4PG
RSVP: Stuur ‘n e-pos aan darrynh@sun.ac.za om jou plek te bespreek.
Hierdie geleentheid is GRATIS maar daar is slegs 27 plekke beskikbaar! Ons gee voorkeur aan alumni wat sedert Januarie 2020 in die VK woon. Jou plek sal per e-pos bevestig word.
Ons kan nie wag om hierdie program te sien groei nie en verwelkom ook enige terugvoer.