#SWAN: Die opwinding loop hoog vir die Wêreldbeker-netbaltoernooi wat later vanjaar in Kaapstad plaasvind!
Voordat ons egter die wêreld se beste netbaltalente in aksie sien, het die Stellenbosch Vroue-alumnae Netwerk (SWAN) en Maties Netbal kragte saamgesnoer om ‘n samekoms aan te bied.
Jy word uitgenooi na ‘n inspirerende aand van boeiende gesprekke met die hoofafrigter van Maties Netbal en voormalige Proteas-kaptein, Zanele Mdodana, en Maties se eie Nichole Taljaard en Nicola Smith wat deel is van die Suid-Afrikaanse Wêreldbeker-span.
Die geleentheid bring ook voormalige Maties- en Proteas-netbalspelers, insluitend Debbie Hamman wat die Proteas tussen 1985 en 1996 gelei het, asook afrigters en kundiges saam wat eerstehandse ervaring het van die buitengewone talent en prestasies van ons Maties-spelers.
Tydens hierdie geleentheid sal ons netwerk, gesellig saam verkeer en maniere ondersoek om die nodige finansiële ondersteuning te bied om Maties Netbal en sy spelers tot groter hoogtes aan te spoor.
Ons sal jou beslis laat uitsien na die komende internasionale netbal skouspel.
Sluit asseblief by ons aan!
Geleentheidsbesonderhede:
Wanneer: Dinsdag 11 Julie 2023
Tyd: 17:30 vir 18:00
Waar: Alumni-klubhuis (Die Stal)
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alumni@sun.ac.za om jou plek teen Donderdag 6 Julie 2023 te bespreek.
Tyd: 17:30 vir 18:00
Waar: Alumni-klubhuis (Die Stal)
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alumni@sun.ac.za om jou plek teen Donderdag 6 Julie 2023 te bespreek.
Ons sien uit na jou teenwoordigheid en ondersteuning.