Die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge aan die Universiteit Stellenbosch nooi jou hartlik uit na ons herfs netwerkgeleentheid waar alumni Sabine Paul en Johan Swart hul insigte en ervaring oor mentorskap met ons sal deel. Sabine is ‘n mentor vir die mentorskapprogram van haar onderneming en Johan is ‘n onafhanklike mentor en afrigter.
Ons sal die volgende bespreek:
- Die verskil tussen mentorskap, afrigting en berading
- Formele en informele mentorskapprogramme
- Die voordele om ‘n mentee of mentor te wees
Datum: Woensdag 20 Oktober 2021
Tyd: 19:00 tot 20:15
Plek: Aanlyn (Zoom)
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alisonapril@sun.ac.za om te RSVP teen Vrydag 15 Oktober 2021. (Die skakel sal twee dae voor die geleentheid per e-pos gestuur word.)
Laat ons bymekaarkom, ons kameras aanskakel, saam ‘n drankie geniet en ook inspirasie en insig uit ons Maties-netwerk put.
Ons sien daarna uit om jou by hierdie virtuele byeenkoms te verwelkom.