
- This event has passed.
Die oorlog in Oekraïne: Soeklig val op mediavooroordele
28 September 2022 @ 12:30 pm - 2:00 pm

Kom luister na prof Amanda Gouws, bekleër van die SARChI-leerstoel in genderpolitiek aan die US, in gesprek met denkleiers Rebecca Davis, Refilwe Moloto en Sanusha Naidu.
In hierdie waagmoedige gesprek plaas sprekers die soeklig op mediavooroordele in die dekking van die oorlog in Oekraïne, soos hierdie opmerking deur ‘n CBS buitelandse korrespondent: “Dit is nie ‘n plek nie, met alle respek, jy weet, soos Irak of Afghanistan waar konflik al vir dekades lank voortgaan nie. Jy weet, dit is ‘n relatiewe beskaafde, relatiewe Europese… stad.” Die paneel sal besin oor die gevolge van ras- en geslagsvooroordele in beriggewing, sowel as die gevaar van fopnuus met betrekking tot belangrike politieke gebeure. Deelnemers sal ook oorweeg wat die lesse is vir ons eie beriggewing oor omstrede kwessies in ons streek.
Rebecca Davis is ‘n joernalis en ontleder vir Daily Maverick en tans ‘n radiokommentator vir Cape Talk. Sy het verskeie pryse gewen vir haar werk, insluitend die Vodacom Joernalis van die Jaar-toekenning. Rebecca is ook die skrywer van twee bekroonde boeke White (And Other Anxious Delusions) (2015) en Self-Helpless (2018).
Refilwe Moloto is ‘n onafhanklike ekonomiese en strategiese adviseur met 20 jaar ondervinding as ‘n Afrika-spesialis wat op ontwikkelingsbeleggingsoplossings fokus. Sy is die eerste swart vrou wat ‘n kommersiële radio-ontbytprogram in Afrika – Breakfast with Refilwe Moloto – op Cape Talk aanbied. Sy is ʼn 11de klas Aspen Institute-genoot van die streekstak, die Africa Leadership Institute.
Sanusha Naidu is ‘n buitelandse beleid en politieke ontleder gebaseer in Kaapstad. Haar werk kyk na demokrasie, ontwikkeling en die politieke ekonomie van Afrika se internasionale betrekkinge asook Suid-Afrika se buitelandse beleid. Haar belangstellings fokus ook op die Suid-Suid-samewerking en die impak van opkomende moondhede (China en Indië) in Afrika. Tans is sy ‘n senior navorsingsgenoot by die Institute for Global Dialogue.
Geleentheid besonderhede:
Onderwerp: Die oorlog in Oekraïne: Soeklig val op mediavooroordele
Datum: 28 September 2022
Tyd: 12:30 -14:00
Plek: SU Museum (52 Ryneveld Str, Stellenbosch, 7600)
- Jy kan ook aanlyn deelneem. Stuur gerus ‘n e-pos na adamsr@sun.ac.za vir die MS Teams-skakel.
Details
- Date:
- 28 September 2022
- Time:
-
12:30 pm - 2:00 pm
- Event Category:
- Events