Maties Sport se Sentrum vir Sportleierskap bied op Donderdagaand, 20 Februarie 2020, ‘n gaslesing onder die tema “Vroue en Suksesvolle Leierskap in Sport” aan. Die verrigtinge begin om 18:30 en die gasspreker is me. Dagmar Freitag, lid van die Duitse parlement asook voorsitter van die Duitse Sportkomitee. Na afloop van die lesing sal daar ‘n paneelbespreking wees waaraan die Wes-Kaapse Minister van Kulturele Sake en Sport, me. Anroux Marais, en Stellenbosch Universiteit se Hoofdirekteur: Sport, me. Ilhaam Groenewald, ook sal deelneem.
Lesing Besonderhede:
Datum: Donderdag, 20 Februarie 2020
Tyd: 18:00 vir 18:30 (verversings sal vooraf beskikbaar wees)
Spreker: Me. Dagmar Freitag, lid van die Duitse parlement
Titel: Vroue en Suksesvolle Leierskap in Sport: ‘n Persoonlike en Politiese Perspektief
Lokaal: Lesingsaal 1046, grondvloer, Van der Sterr Gebou
RSVP: By Marvin Koopman by marvin@sun.ac.za teen Maandag 17 Februarie, 2020.