“Sonder inklusiwiteit, sosiale geregtigheid en deelname in enige demokrasie, is vrede ʼn illusie.” ‒ Prof Thuli Madonsela
Prof Thuli Madonsela is professor in regsgeleerdheid en die Voorsitter van die Regsfakulteitstrust in Sosiale Geregtigheid aan die Universiteit Stellenbosch en die voormalige Openbare Beskermer van Suid-Afrika. Vanjaar sal die Breëriviervallei Alumni-hub prof Madonsela by die Leipzig Country House and Conference Centre in Worcester ontvang en u word uitgenooi.
Dit sal aan Maties die geleentheid bied om in gesprek te tree oor ʼn wye verskeidenheid onderwerpe wat volhoubare sosiale geregtigheid, die huidige stand van die Suid-Afrikaanse politiek en Prof Thuli Madonsela se eie ervaring as publieke apmtenaar en watse leierskap eienskappe nodig is in die regering. Ons verwag lewendige en stimulerende gesprekke en ʼn opwindende netwerkgeleentheid.
Besonderhede van die geleentheid is soos volg:
Datum: Saterdag 16 Oktober 2021
Tyd: 09:00
Plek: Leipzig Country House, Nuy Valley, Worcester
Koste: R200 (ontbyt ingesluit)
Betalingsbesonderhede sal verstrek word by ontvangs van jou RSVP.
RSVP: Stuur ʼn e-pos aan Sandra Mbatha by smbatha@sun.ac.za teen Woensdag, 6 Oktober 2021 om jou plek te bespreek. Jy mag slegs vir twee kaartjies antwoord.
As gevolg van COVID-19, is daar beperkte kapasiteit beskikbaar so jy sal moet gou spring om jou plek te bespreek.
Ons sien uit na jou antwoord en om jou by hierdie wonderlike geleentheid te sien!