
- This event has passed.
Kom klink ‘n glasie in Duitsland
28 May 2021 @ 7:00 pm - 8:30 pm

Jy word hartlik uitgenooi na ons tweede Maties-wynklub virtuele wynproe-sessie vir 2021. Ons bied hierdie aanlyn-wynervaring aan in samewerking met die befaamde Franschhoekvallei-wynlandgoed, La Motte.
Hierdie skilderagtige landgoed spog met ‘n samesmelting van historiese sjarme en rustige tuine, met tradisionele disse en internasionaal bekroonde wyne wat dui op die fynere dinge in die lewe. Ons is verheug om Edmund Terblanche te verwelkom wat sy kennis en stories met ons gaan deel terwyl ons ‘n keur van sy geliefde wyne proe: die La Motte Sauvignon Blanc 2020, Franschhoek Chardonnay 2018, Pierneef Sauvignon Blanc 2019, Franschhoek Syrah 2017, Pierneef Syrah-Viognier 2017 en die verruklike Millennium. Natuurlik weet ons dat wyn en goeie geselskap hand aan hand gaan, maar ons stel ook voor dat jy soutbeskuitjies, olywe en kaas voorberei om jou aanlyn ervaring nog lekkerder te maak.
Ons het saamgespan met Capreo-wynverspreiders wat sal verseker dat jou wynpakket binne drie tot vyf dae op jou voorstoep afgelewer word. Vir elke wynpakket wat verkoop word, sal Capreo R50 aan die US se Beursfonds skenk.
Ons het twee spesiaal gekureerde pakkette beskikbaar — ‘n standard-pakket (KLIK HIER) en ‘n premium-pakket (KLIK HIER). Die standaardpakket bevat die La Motte Sauvignon Blanc 2020, Franschhoek Chardonnay 2018 en Millennium, terwyl ons premium pakket die volledige keur van wyne bevat wat op die aand geproe sal word. Ons stel voor dat jy die wyne 20 minute voor die proe-sessie oopmaak.
Datum: Vrydag 28 Mei 2021
Tyd: 19:00 tot 20:30
Plek: Aanlyn (Zoom)
(Die Zoom-skakel word twee dae voor die geleentheid per e-pos aangestuur.)
RSVP: Rig asseblief jou RSVP’s en navrae aan Alison April by alisonapril@sun.a.za teen Vrydag 21 Mei 2021.
Ons sien uit om jou aanlyn te verwelkom. Verwag beslis ‘n interessante en prettige aand!
Details
- Date:
- 28 May 2021
- Time:
-
7:00 pm - 8:30 pm
- Event Category:
- Events