Jy word hartlik uitgenooi na die bekendstelling van ons Maties-wynklub in Gauteng. Hier sal jy die geleentheid kry om met verskillende wynmakers en eienaars van wynlandgoedere in die Stellenbosch-wynroete en ander wynproduserende streke in Suid-Afrika, in gesprek te tree. Kom deel en herleef herinneringe aan Stellenbosch terwyl ons na die ikone van die bedryf luister en aan ons gunsteling SA wyne teug.
Vir hierdie eerste aanlyn wynervaring van die jaar, span ons saam met Kleine Zalze wat onlangs aangewys is as die gesaghebbende Platter-wyngids se top produsent van 2021. Met ‘n wynmaakfilosofie wat fokus op passie, geduld en balans, is dit geen wonder dat Kleine Zalze aan die voorpunt is van premium-wynproduksie in Suid-Afrika nie. Ons is trots om keldermeester Alastair Rimmer en wynmaker RJ Botha te verwelkom om hul kennis en stories met ons te deel terwyl ons hul drie verskillende vlakke van Chenin Blanc en Cabernet Sauvignon proe. Natuurlik weet ons dat wyn en goeie geselskap hand aan hand gaan, maar ons stel ook voor dat jy soutbeskuitjies, olywe en kaas voorberei om jou aanlyn ervaring nog lekkerder te maak.
Ons spesiaal gekureerde krat wyn bevat ‘n bottel elk van die Cellar Selection, Vineyard Selection en Family Reserve Chenin blanc, sowel as ‘n bottel elk van die Cellar Selection, Vineyard Selection en Family Reserve Cabernet Sauvignon. As ‘n ekstra bonus ontvang jy die Family Reserve wat onlangs ‘n 5-ster-gradering in die onlangse Platter-wyngids ontvang het. Ons stel voor dat jy die wyne 20 minute voor die proe-sessie oopmaak en maak ook seker dat jy die wyne op die regte temperatuur geniet.
Die gekureerde krat wyn kan aanlyn gekoop word (KLIK HIER).
Sodra jy as ‘n Kleine Zalze-klublid registreer, ontvang jy ‘n 10% afslag op al hul wyne, insluitend die gekureerde krat, sowel as gratis aflewering van jou wynaankope. Jy sal ook die volledige notas vir die wyne aanlyn kan aflaai.
Datum: Donderdag 18 Maart 2021
Tyd: 19:00 tot 20:30
Waar: Aanlyn (Zoom)
(Die Zoom-skakel word twee dae voor die geleentheid per e-pos aangestuur.)
Koste van wynpakket na registrasie: R953,10 (gratis aflewering ingesluit)
RSVP: Stuur ‘n e-pos aan alumniwine@sun.ac.za teen Vrydag 5 Maart.
Nooi gerus diegene in jou sosiale kring om te deel in jou wynproe-sessie. Ons beloof ‘n interessante en prettige aand!
Ons sien daarna uit om jou aanlyn te verwelkom.