Skip to content
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English
Menu
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans
Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Maties-wynklub spesiale Tuiskoms 2021 aanlyn wynproe-ervaring

17 September 2021 @ 7:00 pm - 8:30 pm

  • « Wêreld van Werk
  • Londen-na-Brighton-fietsrit: Oudregter Edwin Cameron en prof Wim »

Jy word hartlik uitgenooi na die Maties-wynklub se spesiale wynproe-ervaring vir Tuiskoms 2021. Sluit by ons aan vir ʼn aand wat sal afskop met ʼn insiggewende bespreking van Suid-Afrikaanse ouwingerdwyne, gevolg deur die proe van verskeie van hierdie baie spesiale wyne.

Vir ons pièce de résistance het ons vanjaar kragte saamgesnoer met die hoog-aangeskrewe Ouwingerdprojek (OVP), die regulerende gesag aan die voorpunt van die bevordering, beskerming en uitbreiding van ons nasionale ou wingerde. Die OVP streef daarna om Suid-Afrika se fokus op die druiwe van gehalte uit ou wingerde en die unieke wyngehalte wat daardeur gelewer word, te verskerp. Sluit by ons aan en ontmoet alumnus en projekbestuurder, André Morgenthal, vir ʼn bespreking oor hoekom dit nodig is om SA se ou wingerde te bewaar en waarom dit vir premium wynproduksie van belang is.

Ons het ook ʼn uitgelese groep OVP-gesertifiseerde wynprodusente na ons Tuiskomsvieringe uitgenooi. Die onderskeie wynmakers sal die volgende wyne bekend stel: Zevenwacht Old Vine Chenin Blanc 2020, Waterford Old Vine Chenin Blanc 2019, L´Avenir Single Block Chenin Blanc 2019, Allée Bleue Black Series Old Vine Pinotage 2018 en die verruklike Imvini Wethu Cinsault Pinotage 2019 om die ervaring mee af te rond.

Ons het drie saamgestelde wynproepakkette wat by ons vennoot, Capreo, bestel kan word.

Standaard-pakket: KLIK HIER
1x Waterford Old Vine Chenin Blanc 2019
1x Imvini Wethu Cinsault Pinotage 2019

Premium-pakket: KLIK HIER
1x Waterford Old Vine Chenin Blanc 2019
1x Imvini Wethu Cinsault Pinotage 2019
1x Zevenwacht Old Vine Chenin Blanc 2020
1x Allée Bleue Black Series Old Vine Pinotage 2018

Meesterspakket: KLIK HIER
1x Waterford Old Vine Chenin Blanc 2019
1x Imvini Wethu Cinsault Pinotage 2019
1x Zevenwacht Old Vine Chenin Blanc 2020
1x Allée Bleue Black Series Old Vine Pinotage 2018
1x L´Avenir Single Block Chenin Blanc 2019

Bepalings en voorwaardes
Die koste van die Standaard- en Premium-pakket sluit vervoerkoste in.
Die koste van die pakket hang af van die land waaruit dit bestel word.

Datum: Vrydag 17 September 2021
Tyd: 19:00 tot 21:30
Waar: Aanlyn (Zoom)
(Die Zoom-skakel sal twee dae voor die geleentheid per e-pos voorsien word.)
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alisonapril@sun.ac.za om te RSVP teen Vrydag 10 September 2021.

Deelnemende wynlandgoedere

  • Allée Bleue
  • Zevenwacht
  • Waterford
  • L´Avenir
  • Imvini Wethu

Dit is ʼn goeie geleentheid om as Maties bymekaar te kom of om jou eie sosiale kring na die wynproe uit te nooi. Dit sal beslis ʼn interessante en pret geleentheid wees!

Ons sien daarna uit om jou aanlyn welkom te heet by hierdie baie spesiale aanlyn Tuiskomsviering.

+ Google Calendar+ iCal Export

Details

Date:
17 September 2021
Time:
7:00 pm - 8:30 pm
Event Category:
Events
  • « Wêreld van Werk
  • Londen-na-Brighton-fietsrit: Oudregter Edwin Cameron en prof Wim »
  • Homecoming
    • huis kom
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Train4Fees
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Hubs & Clubs
    • VSA
    • VK
    • Noord-Amerika
    • Namibië
    • Londen
    • KwaZulu Natal
    • Ierland
    • Hongkong
    • Gauteng
    • Europa
    • Kanada
    • Breëriviervallei
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Konvokasie
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Get Informed
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in settings.

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!