Jy word hartlik uitgenooi na ‘n spesiale aanlyn wynproe aangebied deur ons Maties-wynklub vir ons Alumni in die Suidelike voorstede, Stadskom en Atlantiese kuslyn. Ons het met ons plaaslike Maties-takke saamgewerk om die Maties-wynklub in jou area bekend te stel. By hierdie geleentheid sal jy die kans kry om met verskillende wynmakers en eienaars van wynlandgoedere in die Stellenbosch-omgewing en ander wynproduserende streke in Suid-Afrika in gesprek te tree. Kom deel en herleef herinneringe aan Stellenbosch terwyl ons na die ikone van die bedryf luister en aan ons gunsteling SA wyne teug.
Vir hierdie eerste aanlyn wynervaring vir die jaar het ons saamgespan met die Bosman Familie-wynlandgoed — die vernaamde 8ste generasie wynlandgoed in Wellington. Met sy leuse “Geloof, Hoop en Liefde” en ‘n wynmaakfilosofie wat fokus op innovasie en volhoubaarheid, is Bosman-wyne sinoniem met Suid-Afrikaanse wynproduksie van uitstaande gehalte.
Ons is trots om wynmaker Natasha Williams te verwelkom om haar kennis en stories met ons te deel terwyl ons van haar geliefde wyne proe: die Bosman Upper Hemel-and-Aarde Sauvignon Blanc 2020, Pinot Gris 2020, Adama White Blend 2020, Twyfeling Cinsaut 2019, Adama Red Blend 201 en ons sluit af met die verruklike Nero 2018. Natuurlik weet ons dat wyn en goeie geselskap hand aan hand gaan, maar ons stel ook voor dat jy soutbeskuitjies, olywe en kaas voorberei om jou aanlyn ervaring nog lekkerder te maak. Ons stel verder voor dat jy die wyne 20 minute voor die proe-sessie oopmaak en onthou ook om te verseker dat jy die wyne op die regte temperatuur geniet.
Ons het twee spesiaal gekureerde pakkette beskikbaar vir hierdie wynproe-ervaring. Die standaard-pakket bevat die Upper Hemel-and-Aarde Sauvignon Blanc, Adama White and Adama Red Blends, terwyl ons premium-pakket die volledige seleksie van wyne bevat wat op die aand geproe sal word. Die standaard-pakket kan aanlyn gekoop word by (KLIK HIER), terwyl die premium-pakket hier gekoop kan word (KLIK HIER).
Datum: Vrydag 20 Augustus 2021
Tyd: 19:00 tot 20:30
Waar: Aanlyn (Zoom)
(Die Zoom-skakel word twee dae voor die geleentheid per e-pos aangestuur.)
Koste van standaard-wynpakket (sonder aflewering): R400
Koste van premium-wynpakket (aflewering ingesluit): R1000
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alumniwine@sun.ac.za teen Vrydag 13 Augusty
Nooi gerus diegene in jou sosiale kring om te deel in jou wynproe-sessie. Ons beloof ‘n interessante en prettige aand!
Ons sien daarna uit om jou aanlyn te verwelkom.