Aandag alle bergfiets-entoesiaste! Sluit by ons aan vir die joBerg2c-bergfietswedren vanaf Vrydag 22 April tot Saterdag 30 April 2022.
Dink jou net in … nege wonderlike dae om van die alledaagse lewe te ontsnap en iets buitengewoon aan te pak. JoBerg2c is ‘n 900 km, 9-dae, bergfiets avontuur oor vier provinsies van Suid-Afrika, insluitende 220 private plase. Jy spring weg 85km suid van Johannesburg en eindig in Scottburgh aan die suidkus van Kwa-Zulu Natal.
Behalwe vir die adrenalien van die rit, sal jy daardie unieke gemeenskapsgees van dorp tot dorp ervaar. Hierdie wedren, in sy 11de bestaansjaar, bring gewoonlik internasionale en plaaslike deelnemers bymekaar wat die geleentheid kry om ons ongelooflike land te ervaar.
Daag jouself selfs verder uit en pak hierdie rit aan ter ondersteuning van jou alma mater se Bridge the Gap-veldtog. Bridge the Gap is die Universiteit Stellenbosch (US) se Jaarfonds wat alumni, die studentegemeenskap, personeel, ouers en vriende van die Universiteit uitnooi om die struikelblokke te verwyder wat Maties daarvan weerhou om ʼn sinvolle studente-ervaring te beleef en daardie gesogte graad te behaal. Ons studente is die middelpunt van alles wat ons doen, dus werk ons elke jaar saam met ons universiteitsgemeenskap om prioriteitsinisiatiewe te identifiseer om US-studente te help om sukses te behaal. Die doel van hierdie Fonds is om die gaping te oorbrug tussen talent en finansiële behoefte en ‘n tasbare verskil in die lewens van Matie-studente te maak.
As jy ‘n inskrywing het of dit oorweeg om in te skryf, kontak ons asseblief en ons sal jou van al die nodige gereedskap voorsien om jou fondsinsamelingsreis van stapel te stuur. Jy kan ook staatmaak op hulp van ons Koördineerder vir Eweknie-fondsinsameling, Siya Ndlovu, wat gereed is om jou stapsgewys te ondersteun.
Stel jy belang om betrokke te raak? Kontak dan asseblief vir Siya by ndlovus@sun.ac.za om meer uit te vind oor hoe om fondse vir Bridge the Gap in te samel.
Klik hier om jou kontak asook intekening inligting te bestuur.