Die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch (US) nooi u graag na die jaarlikse Russel Botman-gedenklesing, ‘n huldeblyk aan die lewe en visioenêre ideale van prof Hayman Russel Botman en sy verbintenis tot Teologiese Geregtigheid.
Vanjaar se lesing delf in die onderwerp Russel Botman: ‘n Nalatenskap op ‘n kontinuum van hoop. Ons is bevoorreg om dr Beryl Botman, die eggenoot van wyle professor Botman, as ons vooraanstaande spreker vir hierdie geleentheid te hê.
Hierdie jaarlikse lesing word aangebied deur die Fakulteit Teologie in samewerking met die Kuratoria van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika en die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, asook die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie.
Ons nooi u hartlik uit om by ons aan te sluit, hetsy in persoon of aanlyn.
Besonderhede van die geleentheid is soos volg:
Datum: Woensdag 18 Oktober 2023
Tyd: 18:30 vir 19:00
Plek: Jan Mouton-leersentrum, De Beerweg, Stellenbosch (Aanwysings) EN Aanlyn (MS Teams)
Spreker: Dr Beryl Botman, Voorsitter van die Russel Botman-beursfonds
Respons: Prof Aslam Fataar, Uitgelese Professor in die Departement Opvoedingsbeleidstudie, US
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alumni@sun.ac.zaom jou bywoning te bevestig teen Vrydag 13 Oktober 2023. Dui asseblief enige spesiale dieetvereistes aan.
Huidige ontvangers van die Russel Botman Bursary Fund (RBBF) sal ook teenwoordig wees. Jy kan voortgaan om Prof. Botman se nalatenskap en die RBBF, wat in sy 10de jaar van bestaan is, te ondersteun deur hier ‘n geskenk te maak.
Indien u aanlyn aansluit, sal ‘n skakel op Dinsdag 17 Oktober per e-pos aangestuur word.
Ons sien uit daarna om u te verwelkom.
Privacy Overview
This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.