Die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge aan die Universiteit Stellenbosch nooi ons Maties in Europa en die Verenigde Koninkryk na ‘n aanlyn bespreking getiteld Spotlight on South African Expat Tax. Daar het in die laaste 12 maande baie verwikkelinge op die gebied plaasgevind wat tot verskeie wetswysigings gelei het. Die gesprek beoog om al die verwikkelinge te verduidelik, asook hoe dit JOU mag beïnvloed. Hierdie bespreking word aangebied deur alumni, De Wet de Villiers en Bobby Wessels, van die belastingkonsultasiepraktyk, AJM.
Hulle sal die volgende onderwerpe bespreek:
- Wie word as ‘n Suid-Afrikaanse belastinginwoner beskou en hoe staak jy jou Suid-Afrikaanse belasting inwonerskap?
- Buitelandse belasting, finansiële immigrasie en die voorgestelde wetswysigings aan die onttrekking van uittree-annuïteite en die belasting daarvan.
- Valutabeheer en hoe dit met beide Suid-Afrikaanse en nie-Suid-Afrikaanse belasting inwoners verband hou.
- Praktiese aspekte rakende die behoeftes van belastingopgawes en hoe die staking van belasting inwonerskap aan SARS gekommunikeer kan word.
Datum: Dinsdag 26 Oktober 2021
Tyd: 18:00 tot 19:30 (BST); 19:00 tot 20:30 (CET en SAST)
Plek: Aanlyn (MS Teams)
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alumni@sun.ac.za om te RSVP teen Donderdag 21 Oktober 2021 (Die skakel sal twee dae voor die geleentheid per e-pos gestuur word.)
Ons sien daarna uit om jou by hierdie virtuele byeenkoms te verwelkom.