Die Breëriviervallei Alumni-hub, tesame met die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge, loods ‘n netwerk vir al ons uitstaande Matie-vroue van Tulbagh tot McGregor. Sluit by ons aan vir die amptelike bekendstelling van die Stellenbosch Vroue-alumnae Netwerk (in Engels SWAN) in die Breëriviervallei omgewing.
SWAN is daarop gemik om vroue-gradueerdes bymekaar te bring deur mentorskapprogramme, leierskapopleiding, rondetafelbesprekings en nog vele meer. Die doel is om netwerkvorming tussen Matie-vroue uit verskillende agtergronde en bedrywe regoor die wêreld moontlik te maak — en natuurlik wil ons ook pret hê!
Ons gasspreker by hierdie geleentheid is Leonora van Tonder van Spicy Apples, ‘n inspirerende Matie in eie reg. Vanweë haar liefde vir onder meer kosmaak en onderrig, het Leonora haar spysenieringsdiens— Spicy Apples— in 2007 begin.
Sluit by haar aan vir ‘n dag van kos demonstrasies en motiveringspraatjies, waar jy die volgende sal leer:
- Om Labneh met gebraaide kekerertjies voor te berei.
- Vinnige idees met gekoopte tertdoppies.
- Hoe om spek konfyt te maak en waar anders jy dit kan gebruik.
- Hoe om ryspapier rolletjies (spring rolls) te maak.
- Hoe om salsa verde te maak.
- Maak jou eie tacos.
- Om die ideale kersgeskenk te maak — White Chocolate and Turkish Delight Rocky Road.
Wanneer: Saterdag 27 Februarie 2021
Waar: Huis Te Merwede, Merwida-wynlandgoed, Rawsonville
Tyd: 10:30 – 13:00
Koste: R100 pp (jy kan op die dag betaal)
RSVP: Rig jou RSVP aan Tarina Nel by tarinanel@gmail.com teen Vrydag 12 Februarie 2021.
Ons sien uit na ‘n lekker saamkuier.