Die Stellenbosch Vroue-alumnae Netwerk van die Universiteit Stellenbosch (SWAN), nooi jou graag na ‘n aanlyn gesprek ter viering van Vrouemaand in Suid-Afrika. Ons spesiale gasspreker is Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, en Matie alumna, dr Naledi Pandor. Tesame met ‘n paar van ons vele alumnae wat wêreldwyd in internasionale diplomasie werk, sal ons insigte deel en die onderwerp Women in Diplomacy bespreek.
SWAN is ‘n wêreldwye netwerk van Matie-vroue wat alumnae vier en op die voorgrond stel vir hul bydraes tot die uitnemendheid van hierdie instelling. SWAN se oogmerk is om ‘n ruimte te wees waar ons kan gesels en ondersoek instel na die eiesoortige kwessies wat opduik wanneer vroue die leisels neem.
Jy is welkom om vooraf spesifieke vrae aan Minister Pandor na alisonapril@sun.ac.za te stuur.
Sluit gerus by ons aan.
Datum: Vrydag 20 Augustus 2021
Tyd: 13:00 SAST; 13:00 Europa; 12:00 VK & Ierland
Plek: Aanlyn (Zoom)
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alisonapril@sun.ac.za om te RSVP teen Maandag 16 Augustus 2021.
(Die skakel word twee dae voor die geleentheid per e-pos verskaf.)
Ons Maties is oor die hele wêreld versprei en ons wil graag met soveel as moontlik van julle kontak maak. As jy weet van alumnae wat nie kennis dra van ons gebeure nie, deel gerus hierdie uitnodiging met hulle. Kan jy hulle asseblief versoek om ‘n e-pos aan alumni@sun.ac.za te stuur sodat ons hul name by toekomstige uitnodigingslyste kan voeg.
Ons sien daarna uit om jou aanlyn te verwelkom.