Jaarlikse gebeure
Verwelkoming van nuwelinge
Donderdag 3 Februarie
Ons gaan Matieland se nuwelinge by ons jaarlikse Droombekendstellingseremonie verwelkom. Elke eerstejaarstudent sal ’n Maties-t-hemp ontvang met hul eerstejaarnommer op die voorkant gedruk. Hierdie nommer verteenwoordig dan die eerste dag as ’n Matie en hopelik sal daardie groep oor 10 jaar vir hul 10-jaar reünie terugkeer. As deel van die 2022 Droomstap nooi ons die eerstejaarsgroepe van 2012, 2002, 1992, 1982 en 1972 om by die 2022 nuwelinge vir hierdie seremoniële staptog in Victoriastraat aan te sluit.
Ons sal ook Matie-ouers wat hul kinders Matieland toe bring terug verwelkom. Sluit by ons aan by die Alumniklubhuis na die Verwelkomingseremonie by die Danie Craven-stadion. Eenmaal ’n Matie, altyd ’n Matie.
Verwag ’n spesiale uitnodiging en hou gerus https://matiesalumni.com/ dop vir die jongste inligting.
Vensters
Vrydag 11 Februarie
Die jaarlikse Vensters-geleentheid, waar nuwe studente die skare met hul eie oorspronklike optredes vermaak, is altyd ’n wegholsukses en ’n hoogtepunt op die Matieskalender. Behalwe om die gehoor te vermaak, bevorder die optredes deur nuwe studente van US-koshuise en PSO’s ook sosiale bewustheid en impakprojekte. Meer as 15 000 kaartjies word verkoop en meer as 25 000 mense woon die geleentheid op die aand by. Die strate, bome en stalletjies is in sprokiesliggies gedrapeer, en die lug is gevul met die heerlike reuk van kos van plaaslike verkopers. Die Venstersstraatfees in Victoriastraat bied Stellenbosse gemeenskapslede ’n geleentheid om ’n markstalletjie te bedryf. Dit is deel van die doelwit om Vensters meer gesinsvriendelik en gemeenskapsgerig te maak.
Sluit by ons aan op Vrydag 11 Februarie by ons Alumni-tent te Bosmanstraat 11. Vir meer inligting, rig ’n e-pos aan Ferdi van Dyk by dfvandyk@sun.ac.za.
Simonsberg Met
Vrydag 18 Februarie
Die Simonsberg Metropolitan speel ’n integrale rol in die unieke identiteit wat Simonsberg nou eenmaal is. Die Met, soos dit meer algemeen bekend staan, is een van die grootste studente-georganiseerde geleenthede en is elke jaar ’n massiewe hoogtepunt op kampus. Ons nooi ons alumni om by die “Turf Club” aan te sluit en dan die nuwelinge (sowel as hul perde) te aanskou terwyl kragte by die 60ste jaarlikse Simonsberg Met gemeet word.
Kontak asseblief vir Jan-Harm van Helsdingen 21645701@sun.ac.za vir meer inligting.