Openbare lesings
Russel Botman Memorial Lecture
Dinsdag 18 Oktober
Die Russel Botman-gedenklesing, ter viering van die lewe van prof Hayman Russel Botman, vind jaarliks in Oktober plaas, op of naby sy verjaardag (18 Oktober). Die lesing word aangebied deur die Fakulteit Teologie in samewerking met die Curatoria van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika en die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika asook die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie en die Russel Botman Beursfonds (RBBF).
Die 2022 Russel Botman-gedenklesing vind op Dinsdag 18 Oktober plaas en by geleentheid van hierdie lesing word die nuwe ontvangers van die RBBF bekendgestel. Ons moedig jou aan om fondse te skenk om die nalatenskap van Russel Botman te onderhou deur hierdie webskakel te besoek: https://www.givengain.com/cc/rbbf/
Besoek https://russelbotman.com/ vir meer inligting. Alternatiewelik, kontak Marita Snyman by maritasnyman@sun.ac.za of +27 21 808 2538.
Frederik Van Zyl Slabbert Honorary Lecture
Maandag 28 Maart
Die Frederik Van Zyl Slabbert-erelesing, wat daarop gemik is om kritiese en uitdagende dialoog oor ons land en die kontinent te stimuleer, word jaarliks aangebied deur die Frederik Van Zyl Slabbert (FVZS) Instituut vir Studenteleierskapontwikkeling met die finansiële ondersteuning van die Konrad Adenauer-stigting.
In 2022 word hierdie jaarlikse lesing op Maandag 28 Maart as ’n virtuele geleentheid aangebied. So kan ons verseker dat meer alumni — plaaslik en internasionaal — aan hierdie spesiale geleentheid deelneem.
Kontak vir Heidi October by heidioctober@sun.ac.za of +27 21 808 2312 vir verdere inligting. Alternatiewelik, besoek hul webwerf by http://www.sun.ac.za/english/learningteaching/student-affairs/studentleadership/fvzs
Anton Lubowski Memorial Lecture
Maandag 12 September
Die jaarlikse lesing word aangebied ter ere van Anton Theodor Eberhard August Lubowski, ’n Namibiese anti-apartheidsaktivis en advokaat wat op 12 September 1989 buite sy huis in Windhoek vermoor is. Ten tyde van sy dood was Lubowski ’n lid van die Windhoek-balie.
Anton Lubowski was ’n Stellenboschstudent en ’n Simonsberg-inwoner in die sewentigerjare. Hy het aanvanklik in 1972 by die US ingeskryf vir ’n BCom-graad, maar het in 1973 na ‘n BA Regte-graad oorgeskakel en in Maart 1976 gegradueer.
Die tema van die lesing is jaarliks rondom sosiale geregtigheid in die samelewing in vandag se tyd.
Vir meer inligting kontak dfvandyk@sun.ac.za.