Suid-Afrika

Johannesburg

Suid-Afrika

Johannesburg

Ons Johannesburg-tak word gedryf deur ’n jong en lewenskragtige komitee van vrywilligers wat passievol is oor die bou van die Maties-netwerk. Die Tak strek van Sedibeng, die Wes-Rand en Ekurhuleni, tot by die Stad Johannesburg. Die span het ’n volledige aktiwiteitsprogram vir 2023 saamgestel.

Dagboek hierdie datums

  • Maandag 13 Maart – Dit is Varsitybeker-tyd en ook die tyd om die Maroenmasjien te ondersteun! Dit is die dag van die Wits vs Maties Varsitybeker-rugbywedstryd. Onthou om jou maroen te dra. Die opbrengs gaan in geheel aan die US se Bridge the Gap-jaarfonds.
  • Vrydag 17 Maart – Ons SWAN-netwerk se Kuier-en-Skilder-samekoms word gehou. Moet dit nie misloop nie.
  • Woensdag 24 Mei – Afslaan! Dit is tyd vir ons jaarlikse Gauteng Maties-gholfdag by die Rand Park-gholfklub. Junie – Ons beplan gewis ’n netwerkgeleentheid vir ons jong alumni onder 35. Dit is immers Jeugmaand.
  • Saterdag 12 Augustus – Ons gaan groot met ons liefde vir kook. Kom sluit by die kookklas vir ons SWAN-lede aan.
  • November – Hier is jou kans om jou kennis te toets. Kom sluit by ons aan vir die prettige Vasvra-aand-fondsinsameling ter ondersteuning van die Bridge the Gap-jaarfonds.

Indien jy meer wil uitvind oor die aktiwiteite of betrokke wil raak, stuur asseblief ’n e-pos aan alumnihubs@sun.ac.za.

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.