Soorte Steun

Soorte Steun

Jy bepaal wanneer en hoe jou skenking aan die Universiteit gebruik behoort te word. Jy kan dit vir huidige projekte bestem, of dit laat belê om ‘n blywende nalatenskap vir toekomstige geslagte te voorsien.

Skenkings vir lopende gebruik gaan aan die akademiese inisiatief, strategiese oogmerk, navorsingsprogram, fakulteit, studentekoshuis of vereniging van jou keuse. Dit sluit die volgende in:

  • Universiteit Stellenbosch Beursfonds
  • Dekaansfondse (in die fakulteit van jou keuse)
  • Koshuise en verenigings
  • Bedryfskoste (toerusting en ad hoc-menslikehulpbronbehoeftes)
  • Benoemde navorsingsleerstoele (vir die duur van die finansiering). ‘n Inkomstegefinansierde navorsingsleerstoel (gefinansier uit geld vir lopende gebruik) kos gemiddeld R2 miljoen per jaar om ‘n topnavorser en sy/haar span te ondersteun.

Skenkingsfondse (“endowments”) word permanent belê om ‘n blywende hulpbron te skep wat aanhou groei. Die fonds kan in jou naam of ter ere of nagedagtenis van iemand anders gestig word. Voorbeelde hiervan sluit in:

  • Stellenbosch Trust
  • Benoemde navorsingsleerstoele
  • Gesubsidieerde beurs- of stipendiumfondse
  • Gesubsidieerde dekaansfondse

‘n Permanente gesubsidieerde navorsingsleerstoel aan ‘n Suid-Afrikaanse universiteit kos R30 miljoen tot R38 miljoen. Dit is gegrond op sekere aannames oor toekomstige groei.

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.