Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

15 jaar van die bevordering van Chinese taal en kultuur gevier

Die Confucius-instituut aan die Universiteit Stellenbosch (CISU) het onlangs hulle 15de bestaansjaar gevier. ​

Die Instituut is ʼn openbare instelling sonder winsbejag wat ten doel het om die Chinese taal en kultuur te bevorder. Teen die agtergrond van die sukses wat Duitsland, Frankryk, Spanje en die Verenigde Koninkryk behaal het om hulle nasionale tale te bevorder, het China in 2004 besluit om dieselfde te doen deur Confucius-institute met kantore wêreldwyd tot stand te bring. Die hoofkwartier is in Beijing.

Die CISU is sedert 2007 in Universiteit Stellenbosch Internasionaal (USI) gevestig en bied kursusse sonder akademiese krediete aan studente en personeellede van die US en skole in en om Stellenbosch in vennootskap met die Xiamen-universiteit aan.

Die verjaarsdagvieringe, wat op 8 November by die Stellenbosch-instituut vir Gevorderde Studies (Stias) plaasgevind het, het gaste van die Chinese Konsulaat in Kaapstad, die Chinese Ambassade, Confucius-institute in Suid-Afrika en Afrika, US-studente en -personeel, asook onderwysers van deelnemende skole gelok.

Robert Kotze, Senior Direkteur van die USI en Suid-Afrikaanse Mededirekteur van die CISU, het gesê die 15de verjaarsdagviering van die CISU getuig nie net van die USI se verbintenis tot internasionalisering nie, maar ook van sy poging om internasionalisering na die gemeenskap te bring.

“Die CISU dra baie tot buitemuurse programme by die skole in die gemeenskap by en daardeur bring ons internasionale ervaring na die leerlinge van die verskillende skole. Die Instituut dra ook by tot en ondersteun samewerking op ʼn akademiese vlak. My fokus is om ʼn verskil in die lewe van studente en personeel te maak en ek kan juis dít deur die Instituut vermag.”

Toekomstige planne vir die CISU sluit volgens Kotze in om personeelgetalle te verhoog om meer skole te bereik, om meer mens-tot-mens kulturele geleenthede aan te bied, asook om meer besoekende kunstenaars en kulturele invloede van China te lok.

Prof Huang Binlan, Chinese Mededirekteur van die CISU, het gesê: “Ons het gedurende die afgelope 15 jaar goeie interaksie met studente op die US-kampus en leerlinge van skole in die gemeenskap gehad en hulle het baie by ons kulturele progamme baat gevind.”

Tang Chang’an, waarnemende Konsul-generaal van die Chinese Konsulaat in Kaapstad, het die CISU geluk gewens met sy rol in die bevordering van Chinese onderrig, kulturele aktiwiteite en nasie-tot-nasie kommunikasie tussen China en Suid-Afrika.

“Kulturele uitruiling is ʼn belangrike metode om wedersydse begrip te bevorder en gevoelens tussen twee lande te verbeter. Ek meen die CISU en die Confucius-institute sal ʼn belangrike rol hierin speel.”

Ambassadeurstoekenning

Die heel eerste Ambassadeurstoekenning vir die beste CISU-opstel is ook tydens die viering toegeken aan Samantha Cox, ʼn BA-student in internasionale studies. Die deelnemers moes opstelle skryf wat die vriendskap tussen Suid-Afrika en China versterk, die Suid-Afrikaanse jeug se begrip vir China se onlangse ontwikkeling verhoog en nasie-tot-nasie uitruiling tussen Suid-Afrika en China bevorder.

Cox se opstel het op armoedeverligting gefokus, China se suksesvolle pogings daarmee bekyk en dit vergelyk met wat Suid-Afrika op daardie gebied doen. Dit het ook gefokus op wat Suid-Afrika uit China se armoedeverligtingspogings kan leer en hoe ʼn vennootskap wedersyds voordelig kan wees.

“Dis groot!” het Cox oor die toekenning gesê. “My reis met Chinees het drie jaar gelede begin. Wat as ʼn toevallige keuse begin het, het so ʼn groot deel van my lewe geword en ek kan my nie die afgelope drie jaar sonder Chinees as ʼn taal en ʼn kultuur indink nie. Ek het soveel van my onderwysers én my studies geleer. Dit beteken alles vir my dat dit op so ʼn tasbare manier beloon word.”

Lola Meyer en Elizabeth Visser het die eerste prys verower en Cassandra Barker en Gosego Dibate die tweede prys. Die derde prys is gedeel deur Tomo Daiber, Cole Baker, Du Toit van der Merwe en Kgothatso Martin Mkabela.

Die Ambassadeurstoekenning sal weer in 2023 op die spel wees.

More articles

SAMNR-toekenning ondersteun navorsing oor gestremdheidsoorwegings tydens Covid-19

De Oliveira en Moyo ontvang Duitse Afrikatoekenning 2022

Matie hardloop die Berlyn-marathon ter ondersteuning van US-studente

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!