Beste Lid van die US Konvokasie

Ek het alle besware oorweeg en ek bevind dat die verkiesingsuitslae wat op 2 Junie 2023 gepubliseer en aan lede versprei is, staan en dat die uitkoms van die stemming geldig en die uitslag finaal is.

U kan my volle verslag lees deur hier te klik.

Neem asseblief kennis dat die Engelse vertaling van die verslag binnekort op die Konvokasie-webblad gepubliseer sal word. U kan hier klik om die webblad te besoek.

Die uwe

Oudregter BM Griesel
Ad-hoc voorsitter: Buitengewone vergadering van die Konvokasie gehou op 1 Junie 2023