Die Republiek van Helderberg word 75! Sluit by ons aan vir ‘n naweek van nostalgie vanaf Donderdag 23 September tot Sondag 26 September 2021. Ons beplan ‘n wonderlike mengsel van rugby, wyntoere en veilings, braais, ‘n galadinee en natuurlik ‘n Jack Wells-kuier!
Hierdie viering val saam met die Universiteit se jaarlikse Tuiskoms-en-Familienaweek vir alumni wat vanaf Donderdag 23 September tot Saterdag 25 September plaasvind. Dit beteken dat jy oorgenoeg geleenthede gaan hê om tyd met mede-Maties deur te bring en ook te netwerk, net hier in Matieland.
Uitnodigings met verdere besonderhede sal volg, maar teken hierdie datums in jou dagboek aan. Besoek ook die geleenthede-afdeling by www.matiesalumni.com en ons sosiale media kanale om op hoogte te bly.
Ons wil jou graag daar sien!
- Indien jy enige vrae of idees het of betrokke wil raak, kontak ons gerus by helderberg1946@gmail.com
Klik hier om jou kontak asook intekening inligting te bestuur.