Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

‘Dis in my DNS’

Barron Hufkie is ‘n man van vele talente Ons ken hom as een van Suid-Afrika se bekwaamste en bekendste televisiepersoonlikhede. Nietemin is daar ook ‘n ander, minder bekende kant aan hierdie eNCA-nuusanker, naamlik sy passie vir die wetenskap.

Barron het vir ‘n BSc-graad in Mikrobiologie en Biotegnologie aan die Universiteit Stellenbosch studeer. “Ek het nog altyd in die wetenskap belang gestel,” sê hy. “Ek glo dit is as gevolg van my nuuskierigheid. Ek het altyd vrae oor alles en hoekom dinge is soos dit is. Wetenskap speel ‘n belangrike rol in ons daaglikse lewens, en die verskillende aspekte daarvan fassineer my. Ons verstaan dit nie altyd ten volle nie, maar ons almal maak daarop staat.

Hy kon gedurende sy studie darem ook aan sy meer kreatiewe en gesellige kant uiting gee. “Ek het in my tyd by die US by die kampusradiostasie, MFM 92.6, betrokke geraak. Ek het verskeie programme, waaronder die ontbytprogram, aangebied, en is vir twee SA Radio-toennings benoem. Ek was ook die nuus-en sportredakteur.

Barron, ‘n boorling van Somerset-Oos (of KwaNojoli), skryf hierdie kant van sy persoonlikheid toe aan sy ‘uiters kreatiewe en talentvolle familie”. “My oupa was vir my ‘n enorme inspirasie en is deel van die rede waarom ek in die mediabedryf is,” sê hy. “Ek het sy passie vir tale en letterkunde bewonder, en dit het ook mý passie geword. Ook my ouers is geweldig kreatief. Jy kan seker sê dis in my DNS!”

Hy het altyd geweet dat hy in ‘n stadium tussen die wetenskap en die media sal moet kies. Die tyd om te kies het toe ook in sy finale jaar aan die US aangebreek. “Ek het in dieselfde week twee werksaanbiedinge ontvang, een van ‘n laboratorium in Kaapstad en die ander van die grootste radiostasie in die Wes-Kaap, Kfm 945. Ek het natuurlik laasgenoemde gekies, en die res, soos hulle sê, is geskiedenis.”

Na drie jaar by Kfm en toe Eyewitness News (EWN) is Barron se droom om by die televisie-uitsaaiwese betrokke te raak verwesenlik toe eTV hom as sportaanbieder vir een van hulle nuwe kanale, eEXtra, gewerf het. Hy het hom ‘n jaar later as ‘n nuusanker by eNuus op kykNet aangesluit en kort daarna na eNCA verskuif.

Hy sê wat hy die meeste van sy werk by eNCA geniet, is “om ‘n stem te gee aan die stemloses en diegene aan bewind aanspreeklik te hou”. Hy voeg by: “Ek kry ook die geleentheid om onderhoude te voer met interessante Suid-Afrikaners wat ongelooflike werk doen om hierdie land ‘n beter plek te maak. Die wete dat ek deel is van iets veel groter en dat daar soveel in hierdie wêreld is om te ervaar is wat my soggens uit die bed kry.”

Oor sy tyd by die US sê Barron: “Om by Maties te studeer gaan oor soveel meer as om ‘n universiteitstudent te wees. Dis ‘n leefwyse. Daar is soveel dinge wat ek geniet het en wat my steeds bybly: om ‘n Varsitybekerwedstryd by te woon en die Universiteitskoor in die Endler te Sien optree, die verskillende klein koffiewinkels en restaurante, om in Victoriastraat af te stap, DCM se reusemuffins … Ek dink baie studente besef nie presies hoe bevoorreg hulle is om aan die US te studeer nie.

“Ek het ook soveel verskillende mense in my tyd daar ontmoet wat my die persoon help word het wat ek vandag is, en ek is gelukkig genoeg dat baie van hulle steeds in lewe is.

“Die US ontwikkel ‘n mens beslis in ‘n afgeronde gesofistikeerde en professionele individu.”

More articles

Covid-19 vergroot risiko vir komplikasies en sterfte vir swanger vrou in Afrika suid van die Sahara

Universiteit Stellenbosch samel R8.1 miljoen in om studenteskuld te vereffen

Dr. Adefemi Alade verwerf die eerste posisie in die IAWS Doktorale Toekenning en Medalje vir 2022

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!