Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Rektor en span voltooi ‘n suksesvolle Kaapstad Fietstoer

“Dit was fantasties! Ons het groot ondersteuning van Maties langs die roete gehad. Ons het in perfekte omstandighede begin, hoewel dit teen die einde ‘n bietjie moeiliker geword het. Maar dit was alles die moeite werd vir ‘n verdienstelike saak.”

Dit was die woorde van prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US), wat op Sondag, 8 Maart sy vyfde Kaapstad Fietstoer ter ondersteuning van Matie-studente voltooi het.

Hy het die 109km fietsrit in net meer as 5 ure saam met sy seun Braam en dogter Gera voltooi. Hulle het die Fietstoer met ‘n span van 60 personeellede, alumni, studente en vriende van die Universiteit aangepak onder die vaandel van die # Move4Food-span. Hulle doel was om fondse in te samel vir die student-gedrewe #Move4Food, ‘n veldtog om voedselonsekerheid onder studente aan te spreek.

“Dit was wonderlik om deel te wees van die Move4Food-inisiatief en ons gaan die hemde vir ‘n dag in die Epic dra!” het spanlid Chris Norton, gesê. Norton, ‘n US-alumnus en eienaar van die BMT-fietswinkel in Stellenbosch, het die wedren in drie ure voltooi.

Ook deel van die span was studente van die US se Tygerbergkampus wat al voorheen twee keer grense oorgesteek het met ‘n ambisieuse fietsrit van 902 km vanaf Vioolsdrift aan die Namibiese grens tot by die Suid-Afrikaanse grens aan Kaap Agulhus om geld vir mede-Maties in te samel via die Nkululeko-fonds.

Maties kon Sondag, nadat hulle die wedren voltooi het, by die Universiteit se gasvryheidstent inloer. “Daar was ‘n hele paar Maties wat die tent besoek het. Die gees was fantasties en ons kan nie wag om dit weer by ander sportgeleenthede te doen nie,” het Siya Ndlovu, eweknie-fondswerwingskoördineerder aan die US, gesê.

“Die span het meer as R44 000 vir Move4Food ingesamel en ons is baie dankbaar. Volgende is die Absa Cape Epic 2020 en ons het reeds personeellede en alumni wat gereed is om daardie moordende rit ter ondersteuning van #Move4Food aan te pak. Jy kan hulle hier —  https://www.givengain.com/ap/francois-robert/ ondersteun.”

Sedert sy aanstelling as US-rektor, is prof De Villiers aktief in sy ondersteuning van Matie-studente. Hy het die volle Sanlam Kaapstad-marathon van 42,2 km reeds twee keer voltooi, die Kaapstad Fietstoer vyf keer en in 2019 het hy vir die eerste keer aan die Londen na Brighton Fietsrit deelgeneem – alles om fondse vir US-studente in te samel.

Wil jy graag betrokke raak? Jy kan nog steeds geld skenk op http://bit.ly/Move4Food-projects.  Of as jy van plan is om later vanjaar aan enige ander sportaktiwiteit deel te neem, laat weet ons gerus by ontwikkeling@sun.ac.za, sodat ons jou kan help om jou Matie-trots te wys.

  • Klik hier om aanlyn na foto’s van Maties se deelname aan die 2020 Kaapstad Fietstoer te kyk.

Fotograaf: Chanté du Toit

More articles

Konvokasie: Verkiesing van Raadslid

Ses nuwe alumni-takke by Matie-netwerk gevoeg

Ukwanda vier sukses en 20ste bestaansjaar by gemeenskapsfunksie

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!