Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Shomane skitter in die regswêreld

As ’n toegelate advokaat van die Suid-Afrikaanse hooggeregshof en ’n lid van die Johannesburgse Balie, is Shomane Mathiba met niks minder as uitnemendheid tevrede nie. Dít skryf hy toe aan die Universiteit Stellenbosch se uitstekende regsprogram.

Shomane, wat sy LLB in 2015 verwerf het, verduidelik: “Daar is baie ander goeie regsfakulteite in die land wat ’n LLB-program aanbied, en ek was bevoorreg om by baie van daardie universiteite te studeer en klas te gee. Maar die US se LLB-program is ongetwyfeld die omvattendste en uitdagendste in die land. Die Fakulteit Regsgeleerdheid spog met gerekende en passievolle akademici by wie ek baie geleer het.”

Hy dink dan veral terug aan sy opleidingsjaar by die Johannesburgse Balie, toe hulle in die deliktereg touwys gemaak is. “Van my kollegas, wat ongetwyfeld met beter punte as ek by hulle onderskeie universiteite geslaag het, het ’n duidelike gebrek aan kennis van die deliktereg gehad. Dít het my laat besef dat die grondslag wat ’n LLB-graad van Stellenbosch ’n mens gee jou ongetwyfeld ’n voorsprong in die werkplek bied.”

Shomane praktiseer tans as ’n advokaat by die Johannesburgse Balie. Sy werk hou grotendeels verband met handels- en korporatiewe reg, insolvensie en sakeredding, staats- en administratiewe reg, bankreg, en algemene reguleringswerk.

Hy het voorheen as ’n prokureur by ’n topfirma in Sandton gewerk, maar het besef dat die rol van advokaat hom beter pas: “Advokate spesialiseer oor die algemeen in hofvakmanskap, wat die opstel van hofstukke en litigasie of argumentasie in die hof behels. Ek dink ek is beter met die begryp, verpakking en aanbieding van argumente in die hof. Prokureurs ‘argumenteer’ ook in die hof, maar moet terselfdertyd baie administratiewe werk doen. Dís die deel waarmee ek nié so goed is nie,” verduidelik Shomane. “Om ’n advokaat te wees is ongelooflik uitdagend. Hierdie praktisyns vorm gewoonlik die reg deur hofsake. Dit is ’n groot verantwoordelikheid, en soms nogal senutergend. Nogtans is dit baie lonend, en nie net finansieel nie. Dit is intellektueel stimulerend.”

Hy het in ’n township op Brits in Noordwes grootgeword en aan ’n landbouskool net buite die dorp, Hoërskool Wagpos, gematrikuleer. Dit is maklik om te begryp waarom Shomane so passievol is daaroor om te sorg dat jongmense uit minderbevoorregte gemeenskappe geleenthede ontvang.

“Ek beskou myself as bevoorreg omdat ek sekere geleenthede in die lewe gekry het, en ek sal altyd daartoe verbind bly om te sorg dat diegene wat saam met my en rondom my grootgeword het soortgelyke of selfs beter geleenthede kry.”

“’n Hoërskoolvriend het my in my finale jaar aan die US genader om saam ’n afvalbestuursonderneming te begin. Ons was gelukkig dat dinge redelik goed aan die gang gekom het, en ek het my daartoe verbind om toe te sien dat dit ’n maatskappy vír die jeug déúr die jeug sal wees. Ons het onderneem om slegs jongmense uit die gemeenskappe waarin ons werk in diens te neem. Dít het heel goeie resultate opgelewer vir elk van daardie gemeenskappe en ook vir die maatskappy,” sê hy. “Sedertdien is ek deur verskeie maatskappye en entiteite gevra om nie net ’n rol in hulle ondernemings te speel nie, maar ook in hulle korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheidswerk.”

Hy voeg by: “Ná my studie aan die US is dit my wens dat elke Suid-Afrikaner wat graad 12 voltooi die geleentheid sal kry om te studeer of selfs net tyd deur te bring aan ’n tersiêre instelling weg van die huis. My tyd by die US het letterlik my oë vir die wêreld en die lewe geopen. Dit het beïnvloed hoe ek oor belangrike lewenskwessies dink en dit benader, en ek is dankbaar teenoor die Universiteit vir die ervaring. Ek wens elke jongmens kan soveel baat vind by ’n tersiêre instelling soos wat ek het.”

  • Skrywer: Daniel Bugan
  • Hierdie is die eerste uitgawe van ons tydskrif vir Matie-alumni, en dit weerspieël die stories van vele mense met unieke geeskrag.
    Is jy op soek na ’n paar oplossings vir die lewe, of het jy eenvoudig nodig om weer te hoor hoe teëspoed in geleenthede omskep kan word? Lees dan gerus verder, Matie!
    https://console.vpaper.ca/stellenbosch-university/always-a-matie-202301_afri/

More articles

Gebrek aan vakkundige publikasies deur vroue kom onder die loep

Matie Legends and Pioneers: Die Uurbyeenkomste: Coetzenburg

Kom deel in Tuiskoms 2022

Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

Analytics

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.