‘n Groep van 73 studente van die Universiteit Stellenbosch (US) het op Dinsdag 18 Oktober 2022 elk ‘n Rektorstoekenning vir Uitnemende Prestasie ontvang ter viering van hulle besondere sukses op verskeie terreine van die studente- en kampuslewe.
Die jaarlikse toekennings met die tema “Volhoubare innovasie; streef saam na uitnemendheid” erken voortreflike studenteprestasies op die gebied van die akademie, leierskap, kultuur, sosiale impak, sport, en dienslewering.
Innoveerders vir die toekoms
Topbestuurslede, fakulteitsdekane en studenteleiers het by die wenners aangesluit vir die prysuitdeling, wat by die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS) aangebied is. Die US se Rektor en Visekanselier, prof Wim de Villiers, het vanjaar se ontvangers gelukgewens, en gesê hulle is die “innoveerders wat ons nodig het vir die toekoms”. Die Rektor het ook die hoop uitgespreek dat hierdie erkenning die pryswenners sal aanspoor om met betekenisvolle werk voort te gaan, ongeag waar hulle toekomspaaie heen lei. “Geluk met julle harde werk en toewyding, nie net oor die afgelope jaar nie, maar ook in die twee onstuimige pandemiejare. Julle het deurgedruk en iets besonders bereik,” het De Villiers gesê.
Die Rektorstoekennings, wat vanjaar altesaam 124 aansoeke en benoemings ontvang het, is ‘n belangrike geleentheid op die US-kalender, het prof Deresh Ramjugernath, Viserektor: Leer en Onderrig, gesê. “Dit is ‘n geleentheid om bymekaar te kom en die harde werk en uitsonderlike prestasies van ons studente te vier,” het hy gesê. “Terselfdertyd moet ons egter ook erken dat ons studente se prestasies gefasiliteer word deur ons toegewyde personeellede, wat ‘n bevorderlike omgewing skep sodat studente kan floreer en gedy, en gevolglik hulle volle potensiaal kan verwesenlik. Vanaand vier ons daardie volle potensiaal.”
Op die regte spoor
Hoofspreker prof Eugene Cloete, die US se voormalige Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studie, het studente aangemoedig om hulle innovasiereis voort te sit omdat hulle “in die regte rigting beweeg”. Hy het gesê duidelike doelwitte en verwagtinge sowel as erkenning van mense se prestasies is twee noodsaaklike vereistes om innovasie aan te moedig en menslike potensiaal te ontsluit. “As jy nie erkenning verleen aan ander nie, maak jy hulle emosioneel bankrot,” het Cloete gesê. Hy het die pryswenners aangemoedig om hulle potensiaal tot ‘n volgende vlak te voer deur voort te gaan om hulle kennis uit te bou, nuwe doelwitte te stel en al hoe hoër verwagtinge te koester.
Cloete het sy toespraak afgesluit deur klem te lê op die belang van respek vir ‘n suksesvolle lewe. “Ek wil hê julle moet met respek leef. Respek is belangrik, want dit stel ons in staat om hierdie planeet saam te bewoon. Respek beteken om te erken dat ons almal dinge op verskillende maniere doen en dat ons ‘n ruimte moet skep waar ons saam kan woon en ons volle potensiaal kan bereik. Ek hoop julle het ‘n blink toekoms.”
En die wenners is …
Die volgende studente het toekennings ontvang:
Akademie (wat bestaan uit die Rektorstoekenning vir Uitnemende Prestasie sowel as die US-medalje vir topmagisterstudent, volgens fakulteit)
AgriWetenskappe
- Mia Olga Schutte
- Anika Keuck
- Karlene Lambrechts
- Carla Dippenaar (topmagisterstudent)
Lettere en Sosiale Wetenskappe
- Julia Snyckers
- Pieter Conradie
- CJ le Grange
- Mark Lynch
- JZ Donnelly
- Tamlyn February
- Sophia Rabie
- Lara van Heerden
- Anita Faul (topmagisterstudent, Sielkunde)
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
- Petrone Moolman
- Jessie Shannon Leukes
- Julia Fiona Bishop
- Peng-Chen Liang
- Christa Jean Albertyn
- Danielle-Verné Louw
- Shannon Linda Barry
- Christa-Mari de Lange
- Mitchell Ashton van Heerden
- Caryn Jill Bishop
- Dané Odendaal
- Jaco du Toit
- Lauren Eileen Morrell (topmagisterstudent, Volhoubare Ontwikkeling en Bestuur)
Ingenieurswese
- Charl du Toit
- Elijah Cishugi
- MC Harraway
- T Hettasch
- William Dommisse
- Johannes Koekemoer
- C Oosthuysen (topmagisterstudent, Siviele Ingenieurswese)
Regsgeleerdheid
- Estelle Hailey Hislop
- Hugo Uys
- Mitchell John Brooks (topmagisterstudent)
Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
- Christine Vivier
- Kayleen Esau
- Faye Gen Bure
- Tasha Ainsworth
- Suewellyn Francis Zimmerman
- Lumé Koorts
- Abigail Kate de Villiers (topmagisterstudent, Epidemiologie)
Krygskunde
- Khodani Sherrif Tshivhi (topmagisterstudent, Tegnologie (Wiskunde))
Natuurwetenskappe
- Brendan Watling
- Jean Durand
- Graham Mitchell
- Gerhard Gustav Woithe
- Jessie Midgley
- Kyle Harper Erwin (topmagisterstudent)
Teologie
- Lourens Bester (topmagisterstudent)
Sport
- Franco Rheeder (boks)
- Clayton Saker (hokkie)
- Stephanie Botha (hokkie)
- Anna Thornton-Dibb (RSA-waterpolo)
- Ross Stone (RSA-waterpolo)
- Bianca Augustyn (rugby)
Studenteraad- (SR-)toekenning vir Uitnemende Prestasie
- Prof Eugene Cloete
Sosiale impak
- Marcel Lee Adams
- Adam Venter
- Abongile Quthu
Akademiese veerkragtigheid
- Michè Snyders
Leierskap
- Sebastian Foster
- Vhudi Ravhutsi
- Precious Nhamo
- Estelle Hislop
- Makabongwe Kaseke
- Rinae Musekene
- Susanna Hendrina du Plessis
- Luigia Nicholas
- Alysa-Abby Kekana
- Karabo Mogashoa
- Christo van der Bank
- Thimna Sotyato