Beste lid van die Konvokasie

BEDANKING VAN DR JAN HEUNIS VAN DIE US-RAAD

Na die uitkoms van die Konvokasievergadering op Donderdag, 1 Junie 2023 en in terme van klousule 9(2) van die US-Statuut, deel ek die lede van die Konvokasie mee dat Dr Jan Heunis met onmiddelike effek van die Universiteitsraad bedank het.

Die waarnemende President van die Konvokasie en die Voorsitter van die Universiteitsraad is dienooreenkomstig ingelig.

Vriendelike groete

Dr Ronel Retief
Registrateur