Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

Suidooster star shares her Matie memories

Matie-alumna en Stellenbosser Simone Biscombe is welbekend vir haar rol as Bianca Fourie in die gewilde Afrikaanse sepie Suidooster wat op kykNET uitgesaai word. Dit was haar eerste leidende rol maar het die weg voorberei vir haar om in ander kykNET-produksies te verskyn insluitend Treknet sowel as Villa Rosa.

Simone het ’n BA-graad in Drama en Teaterstudies aan die Universiteit Stellenbosch (US) behaal en beskryf die omgewing van die Departement Drama as een waar studente hul kreatiewe vaardighede kan uitbrei en ondersteuning geniet.

“Gelukkig was drama ook een van die meer ‘informele’ kursusse aan die universiteit. Ek het goeie herinneringe aan daardie tyd – die hele departement was soos een groot familie. Jy het die vryheid gehad om jouself kreatief uit te druk, of dit was in verhoogkuns, kleredrag of haarstyl, sonder om geoordeel te word. Ek is steeds in kontak met baie van my mede-studente en lektore,” sê sy.

Simone is ook ’n klassieke sanger en pianis. Sy het aan die Universiteit se Konservatorium klassieke sang tydens haar skooljare aan Lückhoff Hoërskool begin studeer, en het dit tydens haar dramastudies voortgesit.

Nadat sy haar BA-graad behaal het, het sy vir ’n Nagraadse Onderwyssertifikaat aan die US ingeskryf omdat sy vaardighede in “meer as een professie” wou hê.

“Dit open meer deure in jou lewe.”

Net nadat sy die onderwyssertifikaat behaal het, het sy ’n agent aangestel om vir haar toneelspel-geleenthede te soek. Benewens TV-werk het sy in Afrikaanse verhoogproduksies opgetree soos Die Vagina Monoloë, Die Kaapse Kabaret, Iets uit Niets, Verse – ’n Kabaret en Deurbraak. Maar sukses kom nie oornag nie.

“Ek het gewerk as kelner wanneer daar nie toneelwerk was nie. Ek het vele, vele oudisies afgelê, advertensies gemaak en baie teaterprojekte, korporatiewe werk en sang gedoen.”

“Kliënte en regisseurs is baie spesifiek in wat hulle in ’n akteur wil hê en baie kere is jy nie waarvoor hulle gesoek het nie. ’n Wyse vriend het vir my gesê die beste ding is om in te stap by ’n oudisie, jou bes te doen, en dan daarvan te vergeet. Ek het ook geleer dat as jy nie gekies word nie, dit nie persoonlik is nie, maar dat hulle net iets anders in gedagte gehad het,” sê sy.

Na vele verwerpings het sy die rol in Suidooster losgeslaan.

Simone sê sy is baie gelukkig om die ondersteuning te hê van familie en vriende terwyl sy ’n akteursloopbaan nastreef.

“Ek is geseënd om ’n werkomgewing te hê waar mense regtig vir mekaar omgee. Ek het vroeër vanjaar Covid gehad maar nooit alleen gevoel nie. My Suidooster-familie het my daagliks ondersteun, vir my kos gekoop en met my gesels om my positief te hou.”

In die moeilike oomblikke het sy haarself herinner aan die woorde van Marianne Williams se gedig getiteld Our Deepest Fear: “You are a child of God. Your playing small does not serve the world.”

“Dit plaas dinge op ’n manier net weer in perspektief vir my. Die kans is daar dat jy teleurgesteld kan wees [in die lewe], maar dit is ’n toets om te sien of jy dit regtig wil hê. Onthou dat as dinge gister sleg was kan jy nie teruggaan nie, jy kan slegs vorentoe beweeg.”

More articles

Tuiskoms: Fokus val op SA ekonomie by sakeontbyt

US en Visit Stellenbosch stap vir sosiale geregtigheid op Jeugdag

SOAR-verwelkomings-program help eerstegenerasiematies om hulle vlerke te vind

  • Homecoming
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!