Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

Boodskap van die Rektor: Voorval by Huis Marais

Teen hierdie tyd is julle deeglik bewus van die voorval by Huis Marais wat Sondagoggend vroeg op ‘n selfoonvideo opgeneem is. Dit is heeltemal te verstane dat die situasie wye mediadekking ontvang.

Die skokkende voorval by Huis Marais is totaal en al onaanvaarbaar en ek veroordeel ten sterkste wat daar gebeur het. Hierdie soort gedrag kan en sal nie geduld word nie. Ek is baie jammer oor die pyn en seer wat hierdeur veroorsaak is.

Die Universiteit Stellenbosch (US) se hoofprioriteit is om ‘n inklusiewe omgewing daar te stel vir al sy studente en personeel, en om ‘n veilige gemeenskap te handhaaf waarin sosiale kohesie bevorder word sodat tersiêre onderrig van gehalte vir almal moontlik is.

Die Universiteit heg baie waarde aan respek, deernis, billikheid, verantwoordbaarheid en uitnemendheid in al sy interaksies en optrede. Die US veroordeel enige vernietigende en diskriminerende gedrag wat inbreuk maak op die regte van enige student of lid van die US-gemeenskap. Menswaardigheid is ononderhandelbaar en moet gerespekteer en bevestig word, maar ook herstel word wanneer daarop inbreuk gemaak is.

Ek wil julle graag op hoogte bring oor waar ons nou staan betreffende die voorval:

  • Die student wat op die video vasgevang is, is Maandag tydelik uit die Universiteit geskors. Hy woon ook nie meer in die koshuis nie.
  • ‘n Omvattende, maar spoedige ondersoek sal die finale uitkoms bepaal. Die Eenheid vir Gelykwaardigheid bestuur die ondersoek, wat tans aan die gang is.
  • Die Universiteit is daartoe verbind om die slagoffer ten volle te ondersteun met berading, toerusting en materiaal sodat sy akademiese vordering nie benadeel word nie.

Hoewel die ondersoek nou ʼn topprioriteit is, is dit noodsaaklik dat deeglike oorsigbestuur en die korrekte prosedures gevolg word om ‘n beslissing te bereik wat die volle omvang van die reg sy loop kan laat neem en wat ook aan die Universiteit se oorsigbestuurregulasies te voldoen. Permanente skorsing en/of kriminele klagtes is moontlike uitkomste afhangende van die bevindings van die ondersoek.

Ondanks die Universiteit se sterk veroordeling van die voorval tesame met die aansienlike en verstaanbare openbare protes, moet behoorlike prosedures soos bepaal deur die wet, gevolg word om ‘n waterdigte verdedigbare uitkoms in die situasie te verseker. Die finale uitkoms moet die pad vorentoe bepaal om ‘n herhaling van soortgelyke skendings van persoonlike menswaardigheid in die toekoms op die US-kampusse te voorkom.

Studente en personeel word aangemoedig om ons van enige voorvalle in kennis te stel waar hul waardigheid en menseregte aangetas is deur dit by die Eenheid vir Gelykwaardigheid aan te meld, sodat ons behoorlik daarop kan reageer.

Die Huis Marais-aangeleentheid geniet die US-bestuur se hoogste aandag. Die welstand van al ons studente en personeel is vir ons uiters belangrik. Daar sal verdere skakeling wees sodra ‘n finale uitkoms bereik is.

Saam vorentoe

Prof. Wim de Villiers
Rektor en Visekanselier

*Klik hier vir die video bookskap van die Rektor en Visekanselier.

More articles

Sukses neem tyd, sê Matie-alumnus

MCom (Rekenaarouditering)-verhandeling ontvang SAIPA-toppresteerdersprys

Helderberg: 2021 Reünie

  • Homecoming
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!