Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
  • Kontak
  • Visit Sun.ac
  • English
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
  • Kontak
  • Visit Sun.ac
  • English

Menu

  • Afrikaans
  • English

Nuwe behandeling bied hoop vir pasiënte met verwoestende longsiekte

In wat ʼn eerste vir Suid-Afrika en ʼn waterskeidingsoomblik vir pasiënte met ʼn verwoestende longsiekte bekend as chroniese trombo-emboliese pulmonêre hipertensie (CTEPH) is, het ʼn span kardioloë van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) van die Universiteit Stellenbosch en van die Tygerberg-hospitaal onlangs ʼn nuwe prosedure met minimum indringing, bekend as ballon- pulmonêre angioplastie (BPA), op drie pasiënte uitgevoer.

Gedurende hierdie prosedure het die span onder leiding van drs Hellmuth Weich en Lloyd Joubert van die FGGW klein ballonne gebruik om verstopte are in die longe van die pasiënte met CTEPH te verruim. Weich en Joubert is ondersteun deur prof Irene Lang van Wenen, Oostenryk, ʼn wêreldleier op hierdie gebied.

CTEPH is ʼn skaars en progressiewe vorm van pulmonêre hipertensie en word veroorsaak deur herhalende bloedklonte wat verhoed dat bloed deur die longe vloei. Pasiënte raak al hoe meer kortasem en die meeste van hulle wag langer as twee jaar vir die korrekte diagnose, omdat die siekte dikwels in die vroeë stadiums verkeerd gediagnoseer word. As dit nie behandel word nie, sal hartversaking uiteindelik voorkom omdat die toenemende blokkasie van bloedvloei die hart se vermoë om bloed te pomp oorskry.

Suid-Afrikaanse pasiënte met CTEPH het dikwels ʼn baie swak lewensgehalte en beperkte behandelingsopsies. Dit is gevolglik tradisioneel as ʼn “weeskind-siekte” beskou en baie pasiënte was sonder hoop.

Die verbetering van behandeling vir CTEPH-pasiënte by die Tygerberg-hospitaal het al ʼn ruk gelede begin toe prof Brian Allwood van die FGGW se Afdeling Pulmonologie opleiding in die diagnose en bestuur van sulke pasiënte by die Massachusetts General Hospital en die Harvard-universiteit in Boston in die VSA ontvang het.

Vir sommige pasiënte is chirurgiese verwydering van groter bloedklonte ʼn alternatiewe en potensieel genesende behandelingsopsie, maar dit is vir talle pasiënte onmoontlik weens die ligging van die klonte in die longe, asook die swak algemene gesondheid van pasiënte met gevorderde siekte.

BPA is ʼn minder indringende benadering en soms die enigste opsie vir pasiënte, maar is tot nou toe nog nie met sukses in Suid-Afrika uitgevoer nie.

Die span van die Tygerberg-hospitaal se Afdeling Kardiologie het al betekenisvolle ervaring opgedoen in lewensreddende intervensies vir erge longbloeding weens tuberkulose en die komplikasies daarvan. Al verskil hierdie toestand aansienlik van CTEPH, verskil die benadering tot hierdie intervensies in die longare nie veel van BPA nie en was dit ʼn eerste stap om die BPA-program van stapel te stuur.

Maar omdat kundigheid met hierdie prosedure nie in Suid-Afrika bestaan het nie en daar ʼn paar pasiënte was wat BPA nodig gehad het, het die span Lang om hulp genader. Sy bestuur een van die grootste BPA-programme in Europa.

Al drie pasiënte wat die minimum indringende BPA-behandeling ontvang het, het aan uiterste asemnood gely wat medikasie-weerstandig was. Al was dit die eerste van ʼn reeks BPA-behandelings vir hulle, kan hulle almal waarskynlik na ʼn veel beter funksioneringsvlak en ʼn beter lewensgehalte uitsien.

As deel van ʼn werksessie oor die bestuur van CTEPH het die span prof Michael Madani, Hoof van Kardiovaskulêre en Torakale Chirurgie aan die California-universiteit in San Diego na Kaapstad en die Tygerberg-hospitaal uitgenooi. Chroniese bloedklonte kan chirurgies verwyder word deur ʼn prosedure bekend as pulmonêre trombo-endarterektomie (PTE), wat die meer konvensionele alternatief vir BPA is. Die span kardiotorakale chirurge by Tygerberg is ervare met die uitvoering van PTE, maar was gelukkig om Madani, ʼn wêreldleier in dié prosedure, op 3 Mei daar te hê om prof Jacques Janson, Hoof van die Afdeling Kardiotorakale Chirurgie, met so ʼn prosedure by te staan.

  • Foto-onderskrif 1) Die span wat die eerste suksesvolle ballon- pulmonêre angioplastie prosedure by die Tygerberg-hospitaal uitgevoer het. Van links na regs is: sr Carmen November, dr Lloyd Joubert, prof Irene Lang, dr Hellmuth Weich, sr Francinette du Toit en dr Jess John.
  • Foto-onderskrif 2) Proff Brian Allwood, Michael Madani en Jacques Janson.

More articles

Die belang van ‘n internskap

Die Matie vier 80 jaar as ‘laboratorium vir demokrasie’

Laat siektes ’n u-draai maak

  • Homecoming
    • huis kom
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Hubs & Clubs
    • VSA
    • VK
    • Noord-Amerika
    • Namibië
    • Londen
    • KwaZulu Natal
    • Ierland
    • Hongkong
    • Gauteng
    • Europa
    • Kanada
    • Breëriviervallei
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Convocation
    • Konvokasie
    • Konvokasie 2022
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
  • Kontak
  • Visit Sun.ac
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in settings.

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!