Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Dr Carina Venter ontvang gesogte Iso Lomso-genootskap vir uitsonderlike akademieskap

Die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe is trots om te kan aankondig dat die uiters gesogte Iso Lomso-genootskap aan dr Carina Venter, van die Departement Musiek, toegeken is. Dr Venter, wat vantevore ’n Iso Lomso-genootskap as besoekende akademikus ontvang het, is nou oorgeskakel na ’n volledig befondsde genootskap van drie jaar, wat van haar uitmuntende bydraes tot die akademie getuig.

Die genootskappe, wat in 2017 ingestel is, het ten doel om die gaping te oorbrug tussen die afhandeling van ’n persoon se PhD-studie en die verkryging van ’n gevestigde posisie as akademikus aan ’n navorsingsinstelling of universiteit. Die program wil graag ’n nuwe geslag Afrika-akademici kweek en hulle toerus met die intellektuele leierskapvaardighede wat nodig is om die kontinent te ontwikkel.

Tydens haar residensietyd as Iso Lomso- besoekende genoot het dr Venter bewys van uitsonderlike akademiese vermoëns gelewer. Die Direktoraat en die Programkomitee van die Universiteit Stellenbosch Instituut vir Gevorderde Studie (STIAS) is dit eens dat sy die volledig befondsde genootskap verdien.

Die genootskap behels ’n saamgestelde residensietydperk van nege maande altesaam, wat tussen 2024 en 2025 by STIAS deurgebring word, sowel as die moontlikheid van residensie by een van STIAS se vennootinstitute vir gevorderde studies of ander gesogte akademiese omgewings. Die residensietyd laat genote toe om daarop te fokus om langtermynnavorsingsprojekte te ontwikkel en te onderneem. STIAS bied ’n interdissiplinêre ruimte waar genote kan nadink, skryf en waardevolle terugvoer oor hulle navorsing kan bekom vanaf medegenote in residensie. Dit skep ook ’n gulde geleentheid om verhoudinge en netwerke op te bou met ander akademici in residensie oor die wêreld heen. Hierdie internasionale blootstelling verryk die genoot se navorsing en help intellektuele groei aan.

Die Fakulteit betuig ons dankbaarheid vir hierdie ondersteuning aan dr Venter om op ’n besondere akademiese avontuur te vertrek. Die Universiteit sien daarna uit om haar verdere groei en prestasies dop te hou namate sy deur middel van haar Iso Lomso-genootskap tot intellektuele leierskap en ontwikkeling op die kontinent bydra.

“STIAS se verbintenis daartoe om akademici wat aan die begin van hulle loopbaan staan deur die Iso Lomso-genootskappe te ontwikkel, is besonders. Ek is soveel dank verskuldig aan daardie mentors, vriende en kollegas wat my werk onwrikbaar ondersteun het en my denke help vorm het. Hierdie geleentheid het my geweldig aangevuur,” vertel dr Venter.

More articles

ʼn Beter lewe danksy deurbrake in biomediese wetenskappe

Tuiskoms: Fokus val op SA ekonomie by sakeontbyt

Universiteit Stellenbosch samel R8.1 miljoen in om studenteskuld te vereffen

Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

Analytics

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.