Alle lede van die Konvokasie
RE: BUITENGEWONE ALGEMENE VERGADERING – BESWARE
Ingevolge paragraaf 5.3 van die ooreengekome Prosedurereëls vir die buitengewone Konvokasievergadering wat op 1 Junie 2023 gehou is, is ‘n e-pos op 2 Junie 2023 aan alle Konvokasielede gestuur waarin die uitslag van die stemming aangekondig is.
Paragraaf 5.4 van die Prosedurereëls bepaal soos volg:
Indien geen geldige besware ontvang word binne twee sakedae nadat die e-pos uitgestuur is aan die lede van die Konvokasie nie, word die stemming geldig en die uitslag finaal geag.
Ingevolge paragraaf 5.5 sal die (ad hoc)-voorsitter alle besware hanteer.
Drie (3) amptelike besware is binne twee sakedae ontvang. Ek is tans besig om hierdie besware te oorweeg, tesame met ‘n antwoord deur die Universiteit daarop. Gevolglik kan ek nie op hierdie tydstip die uitslag van die stemming bekragtig nie. ‘n Verdere aankondiging hieroor sal so spoedig doenlik gemaak word.
Oudregter BM Griesel
Ad hoc-voorsitter