Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Lwazi neem die leiding

As die Stad Kaapstad se jongste verkose wyksraadslid tot nog toe, kan Lwazi Phakade nou sy passie vir politieke en sosiale aktivisme wat in sy jeug vlamgevat het en verder aan die Universiteit Stellenbosch gevorm is aktief najaag.

Die 27-jarige is ná ’n “strawwe en veeleisende verkiesingsproses” in die plaaslike regeringsverkiesing in November 2021 tot wyksraadslid vir Langa verkies.

Hy sê sy besluit om terug te keer na die gemeenskap waar hy grootgeword het en waar die grondslag vir sy aktivisme gelê is, was nie ’n moeilike een nie. “Ek het in die ou trekarbeidershostelle in Langa grootgeword, en die erge ongelykheid en onvoldoende dienste waarmee inwoners daagliks te doen gehad het, het my altyd geskok.”

Lwazi het ook ’n groot deel van sy kinderjare op die Oos-Kaapse dorp Gcuwa, ’n plek met “weinig indien enige dienslewering”, deurgebring. “My persoonlike belewenis van daardie realiteite het my aktivisme die eerste keer laat vlamvat,” sê hy.

Maar dit was aan die US, waar hy in 2019 die graad BA in Sosiale Dinamika verwerf het, waar sy politieke en maatskaplike aktivisme grootliks gevorm is. “Om Politieke Wetenskap en Geskiedenis as my hoofvakke te hê het my ’n dieper begrip gegee van sommige van die uitdagings waarvoor ons land te staan kom, waaronder armoede, werkloosheid en misdaad. My studies het ook my horisonne verbreed na ’n wêreld wat hemelsbreed verskil van waar ek vandaan kom,” verduidelik hy. “Ek het begin verstaan hoe ander samelewings in die wêreld hulle uitdagings hanteer.”

Hy voeg by: “Ek het ook my tyd op Stellenbosch daaraan gewy om kampvegter te wees vir die stryd van studente op kampus. Ek was deel van die studenteliggaam wat die belangegroep Open Stellenbosch gestig het om transformasie by die Universiteit te help bevorder. Ek is in 2015 in die Studenteraad verkies, en ek het Wes-Kaapse student as ’n provinsiale sameroeper van die Suid-Afrikaanse Studentekongres verteenwoordig. Boonop was ek aan die voorpunt van die #FeesMustFall-veldtog.”

Hy benadruk ook die rol wat sy familie – sy oorlede ouma, oupa en ma, asook sy tannie – gespeel het om hom vir aktivisme voor te berei.

“My familie het my lewe rigting gegee omdat hulle my geleer het om nederig te wees en te veg vir waarin jy glo. Ek is hulle ewig dankbaar,” sê hy.

Vir die jong politikus is sy werk as wyksraadslid vervullend en bevredigend omdat hy mense se lewens direk kan verbeter deur “na onmiddellike oplossings vir komplekse probleme te soek”. Lwazi twyfel nie oor sy doelwitte nie: “Ek wil in my ampstermyn dienslewering in my gemeenskap verbeter. Dít sluit in basiese toegang tot water, elektrisiteit, riolering en behuising. Ek streef daarna om verandering te bring in die daaglikse omstandighede van arm Suid-Afrikaners wat in informele huise en in klein dorpies woon.”

Hy is ook ’n groot voorstander van die krag van onderwys om die wêreld ten goede te verander, en sê: “Ek wil graag met hoërskole saamwerk om seker te maak dat meer leerders vir studie aan universiteite of tegniese kolleges aanvaar word.”

In sy vrye tyd koester Lwazi elke oomblik wat hy saam met sy gesin en sy sesjarige seun kan deurbring. Hy geniet dit ook om sosiopolitieke besprekings by te woon, skaats graag, en is versot op jazz, poësie en kuns.

  • Skrywer: Daniel Bugan
  • Hierdie is die eerste uitgawe van ons tydskrif vir Matie-alumni, en dit weerspieël die stories van vele mense met unieke geeskrag.
    Is jy op soek na ’n paar oplossings vir die lewe, of het jy eenvoudig nodig om weer te hoor hoe teëspoed in geleenthede omskep kan word? Lees dan gerus verder, Matie!
    https://console.vpaper.ca/stellenbosch-university/always-a-matie-202301_afri/

More articles

Boeke: Die Spore van Gert Saggiestrap

Opvolgskrywe oor US se Toelatingsbeleid en Rektor se Diskresionêre Plasings

Krotoa-toneelstuk en -deelnameproses

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!